Net die Namibië Voedsel- en Verwante Werkersunie se staking op 14 November verlede jaar by Meatco se kantore in Windhoek, Okahandja en Katima Mulilo was wettig. Foto argief
Net die Namibië Voedsel- en Verwante Werkersunie se staking op 14 November verlede jaar by Meatco se kantore in Windhoek, Okahandja en Katima Mulilo was wettig. Foto argief

Tekorte pootjie arbeidsministerie

Augetto Graig
Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping se uitdagings sluit in ’n tekort aan geld, wat beplande besoeke, inspeksies en ondersoeke belemmer.

’n Gebrek aan vervoer kniehalter die arbeidsinspektoraat om sy mandaat uit te voer, terwyl die kantoor van die arbeidskommissaris boonop tolke kort en worstel met ’n verouderde rekenaarstelsel wat die saakbestuurstelsel onbruikbaar maak. ’n Tekort aan werknemers in die afdeling vir arbeidsdienste is ook ’n struikelblok.

Dit luidens die arbeidsministerie se jongste verslag vir die tydperk vanaf 1 Oktober tot 31 Desember 2023.

Drie noodlottige ongelukke in die werkplek is in dié tydperk aangemeld, asook vier groot ongelukke en een kleiner een. Al die voorvallle word nog ondersoek.

In die derde kwartaal van die boekjaar 2023-’24 is kennis van 92 werkgewers ontvang wat beplan het om 1 064 werknemers af te dank.

Dit weens poste wat deur ekonomiese omstandighede oortollig gemaak is, vakbondregistrasie of lidmaatskap van ’n werkgewersorganisasie of ’n staking.

Net die Namibië Voedsel- en Verwante Werkersunie (Nafau) se staking op 14 November verlede jaar by Meatco se kantore in Windhoek, Okahandja en Katima Mulilo was wettig.

Gedurende die tydperk het die ministerie 1 634 arbeidsake behartig – 414 minder as in die vorige kwartaal.

Altesaam 818 van dié sake is afgehandel – 504 deur versoening en 314 deur arbitrasie.

Tans is 44 vakbonde in Namibië geregistreer asook 17 werkgewersorganisasies. Die land het ook drie vakbondfederasies.

Die arbeidsinspektoraat het oor die drie maande 547 inspeksies uitgevoer, waar 102 gevalle van nienakoming aangeteken is. Die afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid kon ook 174 inspeksies voltooi – 120 by verskeie werkplekke en 54 op gevaarlike masjinerie.

Die geld vir daaglikse verblyftoelaes was in Oktober en November uitgeput en inspekteurs kon gevolglik nie versoekte of roetine-inspeksies uitvoer nie, en kon ook nie ongelukke, voorvalle en klagtes ondersoek nie, volgens die ministerie.

Geen mynmaatskappy is skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op Arbeid no. 11 van 2007 nie, hoewel net 89% van brandstofmaatskappye, 80% van groothandel-ondernemings en net 67% van ondernemings in die visbedryf die inspeksies geslaag het.

Verder het die ministerie 1 185 klagtes ontvang en 1 035 afgehandel, met 53 sake wat hangend is, en 97 geskille is na die kantoor van die arbeidskommissaris verwys.

Altesaam N$547 407 is na die beslissings ingevorder en tussen Oktober en Desember aan werknemers gegee.

Die Namibië Geïntegreerde Indiensneminginligtingstelsel (NIEIS) is opgedateer met 2 603 nuwe aantekeninge vir Namibiërs wat werk soek – 1 221 mans en 1 501 vroue – alhoewel net 22 van die werksoekers met gestremdhede saamleef.

Die meerderheid (2 561) is werkloos terwyl net 161 van die nuwe name op die stelsel mense lys wat op soek is na beter werksgeleenthede.

NIEIS word bedreig deur tegniese uitdagings soos geen toegang tot die tweede weergawe van die stelsel, die onbeskikbaarheid van die bronkode en skakel na die nuwe weergawe en die tyd wat die stelsel af is weens stoorspasie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 401.35/OZ UP +0.99% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.78% | Zinc US$ 3 012.50/T UP 1.16% | Brent Crude Oil US$ 83.64/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 1 067.50/OZ UP +0.55% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 401.35/OZ UP +0.99% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.78% | Zinc US$ 3 012.50/T UP 1.16% | Brent Crude Oil US$ 83.64/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 1 067.50/OZ UP +0.55%