• Tuisblad
  • Mense
  • Persvryheid ‘n integrale deel van demokrasie, sê Gwen
Die president van die Duitse Afrika-stigting, dr. Ushi Eid, me. Gwen Lister en mnr. Klaus Hess, die voorsitter van die Duits-Namibiese Vereniging, by die toekenningsgeleentheid in Berlyn, Duitsland. Foto Namibia Media Trust
Die president van die Duitse Afrika-stigting, dr. Ushi Eid, me. Gwen Lister en mnr. Klaus Hess, die voorsitter van die Duits-Namibiese Vereniging, by die toekenningsgeleentheid in Berlyn, Duitsland. Foto Namibia Media Trust

Persvryheid ‘n integrale deel van demokrasie, sê Gwen

Joernalistiek in gedrang
Die persvryheidsikoon het gewaarsku teen die gevare wat goeie verslaggewing in die gesig staar.
Augetto Graig
Me. Gwen Lister - die Namibiese persvryheidskampvegter, mediabaanbreker en veteraanjoernalis - het die afgelope Woensdag, 1 Junie, die eretoekenning van die Duitse Afrika-stigting (DAS) ontvang vir haar werk as joernalis gedurende die apartheidsera, asook vir haar uitsonderlike toewyding tot die bevordering van persvryheid.

In haar aanvaardingstoespraak het Lister, die voorsitter van die Namibië Mediatrust, die kwesbaarheid en waarde van goeie joernalistiek beklemtoon. “Joernalistiek en joernaliste regoor die wêreld is in gevaar. Miskien nou meer as ooit vantevore. Net so is demokrasie ook in gevaar as ons nie daarin slaag om die volhoubaarheid en veiligheid van albei te verseker nie,” het sy gesê.

“Ek aanvaar hierdie toekenning in die hoop dat dit aandag sal vestig op die stryd om joernalistiek te red en aanklank moet vind, nie net by burgers regoor die wêreld nie, maar by regerings wat ook meer as blote lippediens moet doen om die voortbestaan daarvan te verseker.

“Terwyl die media eksterne sowel as sy eie interne uitdagings in die gesig staar, waaronder om die publiek se vertroue terug te wen deur standaarde van etiek, akkuraatheid en regverdigheid te verbeter, is dit onvermydelik dat demokrasie in die donker sal sterf sonder goeie joernalistiek wat kan, het en steeds dinge ten goede verander,” het sy bygevoeg.

Volgens Lister het nuwe bedreigings vir goeie joernalistiek kop uitgesteek. “Dit sluit lewensgevaarlike uitdagings vir volhoubaarheid; die vinnige verspreiding van waninligting - vererger deur die digitale beleg; die Covid-pandemie; en die inval in Oekraïne waar die waarheid reeds ‘n slagoffer van oorlog geword het - met gevolge wat wyd en syd gevoel word,” het sy gesê.

Lister het aangevoer ander fundamentele regte is sáám met persvryheid in gedrang. “Ons moet die pers beskerm sodat die pers demokrasie kan beskerm. Op hierdie oomblik het dit al die hulp nodig wat dit kan kry.”

DAS gee al sedert 1993 dié toekenning aan individue vanaf Afrika wat ‘n spesiale bydrae tot die bevordering van demokrasie, vrede, menseregte, volhoubare ontwikkeling, kuns of kultuur gelewer het. Vorige ontvangers sluit in mnr. Daniel Bekele (Ethiopië), me. Ilwad Elman (Somalië), me. Juliana Rorich (Kenia) en me. Thulisile Madonsela van Suid-Afrika.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%