‘BeeLeave’ in jou groen vingers

Plaasvrou wys hóé
Terwyl sy reeds 'n gevestigde onderneming het wat sementprodukte vir tuine maak, het Susan Vermaak nou ook 'n kleinskaalse kwekery begin.
Elvira Hattingh
Die feit dat Susan Vermaak op ’n afgeleë plaas noordoos van Grootfontein woon, keer haar nie om ’n kranige – en boonop kreatiewe – sakevrou te wees nie.

Buiten dat haar onderneming wat sementprodukte vir tuine maak, in Maart vanjaar sy vyfde bestaansjaar gevier het, het die Vermaaks op 1 Maart ook amptelik die deure van BeeLeave Kweekhuis geopen.

“BeeLeave Kweekhuis is ons nuwe besigheid,” vertel Vermaak, wat in die Maroelaboom-omgewing woon.

Susan sê dit was ’n spanpoging om die naam BeeLeave te kies.

“My dogter, Suané Schoonbee, het die naam uitgedink. Die ‘by’ en ‘blaar’ is gepas vir die kweekhuis, maar beteken ook jy moet ‘glo in wat jy doen’. ”

Die kweekhuis se plante kom alles uit haar tuin en skakel goed in met hul sementprodukte. Sy sê dit is nie net mense met “groen vingers” wat kan tuinmaak nie.

“Nee jong, ek glo elkeen wat lief is vir plante, het groen vingers. Die plante uit my tuin is vir almal wat nie groen vingers het nie. Hulle is maklike én geharde plante.

“Plante is soos kinders – as jy dit genoeg kos, water, aandag en liefde gee, dan floreer hulle,” sê sy.

EERLIKE BESIGHEID

“Ons glo daaraan om eerlik besigheid te doen en aan goeie menseverhoudings. Vriendelike en vinnige dienslewering dra ook tot 'n positiewe hupstoot vir enige besigheid by,” sê Susan.

Sy sê Namibiërs verkies mooi en geharde plante wat in alle klimaatstoestande kan oorleef – in uiterste hitte asook in erge koue.

“Mense bestel deur WhatsApp by ons en ons lewer op Grootfontein en met tye ook op Tsumeb af. Ons koerier die plante landswyd. Alles wat ek op my Facebook-blaaie of op sommige WhatsApp-groepe adverteer, is te koop. Die sementprodukte versprei ons direk of deur ons verspreiders.”

“My plante is in hierdie staduim vir my 'n heerlike vars uitdaging – iets anders. Ek geniet dit om vroegoggend tussen ‘al die mooi buite’ besig te wees.

“Ek glo die Here voorsien in al my gawes en talente. Sonder Hom is ek tot niks in staat nie.”

SEMENTPRODUKTE

Susan sê die sementprodukte, wat aanvanklik as ’n stokperdjie begin het, het nou só vlamgevat dat sy al verskeie verspreidingspunte oraloor die land gevestig het.

Sy het aanvanklik sowat sewe jaar gelede met die maak van sementprodukte vir tuine begin – tóé as ’n stokperdjie om geskenke vir vriende en familie te maak.

“Ek het op klein skaal 'n stokperdjie gehad en later, hoe meer ek met die dinge besig was, het ek ’n passie daarvoor ontwikkel om mooi en kreatiewe produkte te maak. Ek geniet dit om mooi goed te maak waarvan mense hou.

“Ná heelwat navrae oor die produkte, het ek besluit om 'n ekstra inkomste daaruit te verdien. My liefde vir die tuin en plantjies het ek verseker by my ma, Lenie Smit, geërf,” vertel sy.

In Maart vanjaar het sy reeds vyf jaar lank sementprodukte vir tuine gemaak.

“Ons verkoop 'n wye verskeidenheid sementprodukte vir die tuin en ook 'n paar produkte vir die huis,” vertel Susan.

“My man, Jeremie, ondersteun my in alles,” vertel sy.

Sy sê hulle het aanvanklik die sementprodukte self probeer versprei.

“Ons het oral uitgestal en later besluit om eerder 'n paar verspreiders te kry. Dit werk wonderlik”

Susan sê hulle het intussen al van hul produkte aan die groot kwekerye in Windhoek, Swakopmund, Okahandja en Hentiesbaai gelewer.

“In hierdie stadium versprei ons die produkte self, asook by ons vier verspreiders op Grootfontein, Tsumeb, Otjiwarongo en Gobabis.”

BeeLeave Kweekhuis is nog nuut en die Vermaak-egpaar versprei die plante self.

Haar boodskap aan mense wat van iets nuuts ná die pandemie moet begin?

“Moet nooit moed verloor nie. Leef jou drome uit en pak elke projek voluit en met liefde aan. Bly glo en vertrou, met die Here se hulp is niks onmoontlik nie.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%