A RESOUNDING NO: International relations minister, Netumbo Nandi-Ndaitwah.
A RESOUNDING NO: International relations minister, Netumbo Nandi-Ndaitwah.

Namibië weier om EU-ooreenkoms te onderteken

Minister sit redes uiteen
Die regering het reeds in 2021 sy probleme rondom die wettigheid van die vennootskap, en sy vrese dat dit die Grondwet weerspreek, onder die EU se aandag gebring.
Yandi Du Plessis
Nuusredaksie - Namibië gaan nie in sy huidige vorm ’n nuwe vennootskapsooreenkoms met die Europese Unie (EU) onderteken nie omdat baie van die bepalings die Namibiese Grondwet weerspreek.

Só het Netumbo Nandi-Ndaitwah, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, vandeesweek aangekondig.

Sy het die redes agter Namibië se weiering om te onderteken uiteengesit.

Die regering het reeds in 2021 sy probleme rondom die wettigheid van die vennootskap, en sy vrese dat dit die Grondwet weerspreek, onder die EU se aandag gebring.

“Die nuwe vennootskapsooreenkoms sluit nie ’n bepaling, klousule, of artikel vir besprekings in nie. In Februarie 2022 is die EU in kennis gestel dat die Namibiese regering nie die konsep-vennootskapooreenkoms in sy huidige vorm sal onderteken indien die geïdentifiseerde bekommernisse nie aandag geniet nie,” het Nandi-Ndaitwah verduidelik.

Namibië het ’n regsmening ingewin wat verklaar dat hy nie die nuwe vennootskapsooreenkoms hoef te onderteken as hy nie tevrede daarmee is nie, sê die minister.

NIE DUIDELIK OMSKRYF

Die lys van ander redes agter Namibië se weiering om te onderteken wat aan die EU gekommunikeer is, lig die feit uit dat die ooreenkoms verwys na meer as 80 verdrae waarby Namibië nie ’n betrokke party mag wees nie.

“Die verdrag het nie ’n lys van terme of ’n definisie-afdeling om te verseker dat alle partye dieselfde begrip van terme het nie, wat ’n probleem in die implementerings- en evalueringsfase kan veroorsaak,” het Nandi-Ndaitwah gesê.

“Die nuwe vennootskapooreenkoms verwys na meer as 80 streek- en internasionale verdrae, strategieë, inisiatiewe en programme wat dalk nie wetlik bindende ooreenkomste of prosesse is nie, en ons land mag nie noodwendig daarby betrokke wees nie,” het sy bygevoeg.

“Om hierdie bepalings in die wetlik bindende nuwe vennootskapsooreenkoms te hê, kan niebindende ooreenkomste, strategieë, inisiatiewe, programme en prosesse tot ’n wetlik bindende posisie of ’n verdragstatus verhef,” het Nandi-Ndaitwah bygevoeg.

GEKANT TEEN CITES-STANDPUNT

Namibië was ook gekant teen ’n bepaling dat hy sy ivoorvoorraad moet vernietig, het Nandi-Ndaitwah verduidelik.

Namibië het in die verlede daarop aangedring dat hy sy ivoorvoorraad moet kan verkoop en gesê die teendeel plaas wilde diere soos renosters en olifante in ’n groter gevaar om gestroop te word. Namibië het teen 2019 ivoorvoorraad van ’n geraamde waarde van N$125 miljoen gehad.

“In artikel 49 van die Afrika-protokol vra die konsepooreenkoms vir die vernietiging van (ivoor) voorraad in die konteks van die bekamping van wildhandel onder Cites – ’n standpunt wat in stryd is met Namibië se nasionale posisie sowel as die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se gemeenskaplike standpunt oor die kwessie,” het sy gesê.

GEEN ONDERHANDELINGSRUIMTE

Nog ’n kernrede agter Namibië se weiering om die ooreenkoms te onderteken, was die wegdoening van bepalings wat verwyder kan word nadat onderhandelinge afgehandel is.

“Die EU-party het die bepalings vir verklarings in artikel 6 van die nuwe vennootskapsooreenkoms eensydig verwyder, selfs nadat onderhandelinge gesluit het. Dit is normale praktyk by die sluiting van internasionale verdrae dat voorsiening vir deklarasies in die teks gemaak sal word. Dit sodat ’n staat ’n verklaring kan maak oor sy begrip van ’n aangeleentheid vervat in of die interpretasie van ’n spesifieke bepaling in ’n verdrag,” het sy gesê.

Namibië het gevrees dat die ondertekening van die nuwe vennootskapooreenkoms sy markte vir Europese goedere kan oopstel, wat plaaslike nywerhede negatief kan beïnvloed en ontwikkeling kan belemmer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026