januarie-eis-skadevergoeding-van-n72-m2021-08-270
januarie-eis-skadevergoeding-van-n72-m2021-08-270

President van NTTU weer in hof

Eis teen minister moet gewysig word
Mnr. Werner Januarie eis dat hy die pa van twee minderjariges is, ten spyte daarvan dat hul geboortesertifikate dit nie aandui nie.
Kristien Kruger
Die president van die Namibiese Vervoer- en Taxivakbond (NTTU), mnr. Werner Januarie, is vurig in twee hofsake betrokke in die hoërhof in Windhoek.

Die eerste is ’n eis van N$75 miljoen teen die voormalige minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, waaroor Republikein verlede jaar berig het, en die ander is ’n hofsaak om toesig van twee minderjarige kinders te verkry waarvan hy na bewering die biologiese pa is, ten spyte daarvan dat die kinders se geboortesertifikate ’n ander naam aandui.

Januarie beweer dat die kinders se ma en haar familie, asook die “pa”, soos aangedui op die geboortesertifikate, dit vervals het.

“Daar is tans iemand op bedrieglike wyse by die registrasie van geboorte as die vader van die kinders geregistreer. Sodanige registrasie het eers plaasgevind nadat ek die proses begin het om die ouerskap van die kinders te bepaal.”

Januarie het op DNS-toetse aangedring, maar die ma van die kinders het dit onmoontlik gemaak. Hy beweer die kinders se geboorte was toe nog nie geregistreer nie.

Hy beskuldig die ma en die vermeende pa van regsverydeling en gaan so ver as om hulle van kinderbedreiging, kinderuitbuiting en kinderhandel te beskuldig en dring daarop aan dat die hof strafregtelike sanksies teen hulle en nege ander mense, insluitend familielede van die ma, oplê.

“Wanneer al die verdagtes in hegtenis geneem is, pleit ek dat borgtog nie onmiddellik toegestaan word totdat die veiligheid van die kinders nie gewaarborg kan word nie.”

Januarie beweer die ma van die kinders en haar familie, lieg oor wie die pa van die kinders is.

“Hulle is gereed om enigiets te doen om hul leuens te beskerm, insluitend om skade aan my te berokken, 'n vrees wat deur hul dreigemente en intimidasies bewys word,” lui Januarie se verklaring.

EIS TEEN DIE MINISTERIE

Volgens hofstukke, het Januarie tydens ’n ontmoeting met staatsprokureurs, waartydens die wysiging van sy eis teen die ministerie bespreek moes word, gewelddadig opgetree en uitgestorm.

Januarie was onder die indruk ’n ander kwessie sou bespreek word en was glo nie bereid om oor die betrokke saak te praat nie.

“Hy was uiters vyandig en onwillig om te luister. Hy was 'n paar keer gevra om sagter en met respek te praat waarna hy net nog meer aggressief geraak het,” lui die staatsprokureurs se verklaring in hofstukke.

Regter Esi Schimming-Chase het verlede jaar vir Januarie beveel om sy eis te wysig voordat die saak verhoor kan word.

Hy eis N$75 miljoen nadat hy in 2020 in hegtenis geneem is toe hy na bewering die Covid-19-regulasies verontagsaam het.

Dit volg nadat hy verlede jaar tydens Namibië se vlak 3 Covid-19-regulasies in hegtenis geneem is omdat hy nie sy masker gedra het nie.

Hy beweer 'n lid van die polisiemag en lede van die weermag het hom aangerand, geteister en gedreig.

Die eis was aanvanklik vir N$10 miljoen vir skending van sy menswaardigheid; N$10 miljoen vir die skending van sy menseregte en vryheid, N$20 miljoen vir emosionele skade en sielkundige lyding wat hy moes verduur, N$5 miljoen vir kwaadwillige inhegtenisneming, N$5 miljoen vir wrede en vernederende behandeling en laastens N$7 miljoen vir agterstallige inkomste en ontneming van werk.

Die respondente in die saak is mnr. Frans Kapofi, die voormalige minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit; die nasionale polisiehoof, lt.genl.Sebastian Ndeitunga; die aanklaer-generaal, me. Martha Himalwa; die prokureur-generaal, mnr. Festus Mbandeka en president Hage Geingob. Die partye het gister in die hof verskyn vir voorverhoorverrigtinge.

In Januarie se hofstukke wou hy ook die hof in kennis stel dat die saak van groot belang is omdat die kinders ’n kans het om baie te erf wanneer hy die skadevergoedingseis van die ministerie ontvang.

“Die kinders moet nie beroof word en die geleentheid misloop as gevolg van kwessies buite hul beheer nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%