Thomas Florin in 2016 tydens sy mislukte aansoek vir vervroegde parool. Foto argief
Thomas Florin in 2016 tydens sy mislukte aansoek vir vervroegde parool. Foto argief

Florin wag langer vir uitspraak

Howe
Die veroordeelde moordenaar se dogter het aan 'n aanlyn koerant gesê haar pa is nog nie genoegsaam gestraf nie.
Jana-Mari Smith,Stefan Noechel
Regter Shafimana Ueitele se uitspraak in Thomas Florin se aansoek om sy lewenslange vonnis te laat opskort, is afgelope Vrydag verwag, maar is tot komende Vrydag aangeskuif.

Florin, wat ’n aansoek om strafregtelike vrylating by die hooggeregshof in Windhoek ingedien het, moet nog ’n week op die uitspraak wag. Florin is in 1999 tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moord op sy destydse vrou, Monika, asook aan lykskending en regsverydeling.

Sy dogter het egter intussen sterk beswaar gemaak teen haar pa se hooggeregshof aansoek vir vroeë vrylating.

In ’n emosionele onderhoud het Jaqueline (geen van is verskaf nie) aan ’n Duitse aanlyn koerant Ben Kurier gesê: “Hy (Florin) het iets so verskriklik gedoen, hy moet vir ’n baie lang tyd in die gevangenis daarvoor betaal. Die skuld is nog nie afbetaal nie.

“Wat hy aan ons gedoen het, kan hy nooit regmaak nie.

“Hy het een lewe geneem en nog twee verander. Ons lewens sou veel anders gewees het. Ek dink vandag steeds aan my ma en vra myself gereeld, hoekom?”

Die Ben Kurier-berig se hoofopskrif was: “Thomas Florin het sy vrou vermoor, opgesny en gekook – sy dogter wil nie hê hy moet vrygelaat word nie.”

“Nie net het hy sy eie lewe vernietig en ons ma se lewe geneem nie, hy het ook vir altyd my en Marcel se lewens verander,” het sy gesê.

Jaqueline was vier jaar oud toe haar ma in 1998 vermoor is en haar broer Marcel was twee. Die kinders is deur die ma se suster en man grootgemaak.

“My oom het my pa geword en my tannie my nuwe ma. Hulle is my ouers en die grootouers van my dogter.”

Die moord op Monika Florin (30) is steeds een van die mees grusame misdade in die geskiedenis van Namibië. Nadat hy sy vrou doodgeslaan het, het Florin haar opgesny en gekook. Hy het van ander liggaamsdele ontslae geraak en haar beendere in die plafon van hul huis weggesteek. In Desember 1999 is hy aan die moord skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Florin het vir meer as ’n dekade skuld ontken totdat hy in 2013 toegegee het dat hy die misdaad gepleeg het.

BROER

In die onderhoud met Ben Kurier het Jaqueline gesê die skrywe van haar broer verlede jaar aan die hof waarin hy beweer dat beide kinders sy vrylating ondersteun, is vals.

Marcel het die hof in ’n brief vertel dat hy en Jaqueline “daarop wag dat hulle pa Duitsland toe kom.”

Hy het beweer, “My suster se dogter is baie opgewonde om haar oupa vir die eerste keer te ontmoet.”

Hy het ook beweer hulle het hul pa vergewe en hy versoek die regter om dieselfde te doen.

Jaqueline het dié aanspraak egter weerlê en gesê: “My dogter weet niks van hom af nie. Sy het slegs een oupa en ouma en dis my oom en tannie.”

Volgens haar glo Marcel dat Florin onskuldig is. “(Thomas) het hom om sy vinger gedraai.”

Sy sê die brutale moord van haar ma “kan nooit reggemaak word nie”.

Florin (54) was 31 jaar oud toe hy sy vrou vermoor het. Tydens sy verhoor het hy aangevoer dat hy reg is om vrygelaat te word en dat hy geen risiko vir die samelewing inhou nie – deels weens sy bekering tot die Christendom en weens sy goeie gedrag oor die laaste twee dekades.

As deel van sy aansoek het sy regspan 13 briewe van familie en vriende, insluitende Marcel en sy ma ingedien.

In ’n handgeskrewe brief van sy ma Margret Wimmer (86) staan dat sy kinders na hul pa verlang, en sy ook.

Sy sê haar gesondheid is in ’n brose toestand. “My tyd op aarde is besig om uit te loop. My grootste wens is om my seun weer te sien.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City #N/A Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% #N/A