Kies deernis, pleks van vrees

Seksuoloog oor Steve Hofmeyr se LGBTQ+-wanopvattings
Dis tyd dat mense hul denke en harte teenoor die geslags- en genderdiverse gemeenskap oopmaak, sê 'n bekende Suid-Afrikaanse seksuoloog en verhoudingsterapeut.
Dr. Elmari Mulder Craig
Die wanopvattings wat Steve Hofmeyr onlangs op sosiale media kwytgeraak het oor Disney se meer inklusiewe LGBTQ+-beleid, rig enorme skade aan ’n gemeenskap aan wat reeds onder beleg is.

Die afgelope twee jaar het ons gesien hoe mense uitlatings op sosiale media maak, sonder dat hulle die nodige wetenskaplike agtergrond, ervaring of insig oor ’n vakgebied het. Dit geld nie net vir onderwerpe soos Covid-19 of aardverwarming nie. Steve Hofmeyr se uitlatings verlede week oor geslags- en genderdiverse mense en sy latere “verskoning” kan nie net as moontlike haatspraak en as skending van basiese menseregte gesien word nie – dit bevat gruwelike dwaalbegrippe oor seksuele en genderdiversiteit.

Om oor gender te praat kan vir baie mense ’n sensitiewe onderwerp wees – mense reageer dikwels, soos in Hofmeyr se geval, emosioneel op die onderwerp. Daarom is dit nodig om die onderwerp vanuit ’n professionele, vakwetenskap-gefundeerde perspektief te benader. As daar een positiewe ligpunt uit Hofmeyr se stellings kan kom, is dit dat ’n platform geskep het vir ope gesprekvoering en dat mense krities oor die onderwerp kan dink en praat.

WAAROOR DIE BOHAAI?

In Hofmeyr se eerste video reageer hy op Disney se meer inklusiewe benadering teenoor genderidentiteit. Hy maak oningeligte stellings, soos dat die + in LGBTQ+ bestialiteit insluit.

“ . . .Waar my generasie geleer is om met muise, honde en eende te praat, gaan ons kinders geleer word om met muise, honde en eende seks te hê.

“Moenie ons kinders groom vir julle grille nie. Totsiens Disney.” Sy uitlatings – dat die plus agter LGBTQ+ pedofiele en mense wat hulself skuldig maak aan bestialiteit insluit – is ongelooflik gevaarlik vir ’n gemeenskap wat elke dag met stigma en valse vooroordele moet saamleef.

Eintlik hoort bestialiteit ook geensins in die gesprek nie, maar net ter verduideliking; in die psigologiese en psigiatriese vakgebied word dit as ’n seksuele afwyking geklassifiseer. Volgens Suid-Afrikaanse wetgewing (sowel as Kaliforniese reg, waar Disney se globale hoofkantore geleë is) is dit onwettig en geregtelik strafbaar.

Dis ’n vorm van dieremishandeling wat leed aan ’n ander lewende wese doen.

Pedofiele kies om kinders en minderjariges te verkrag en pedofilie word ook as ’n seksuele afwyking beskou – pedofiele wat hulself skuldig maak aan die verkragting van minderjariges moet volgens wet vervolg word.

’n Pedofiel kan as ’n man, ’n vrou of genderneutraal identifiseer en kan enige seksuele oriëntasie hê. Vele studies en navorsing oor die onderwerp dui daarop dat die meeste oortreders wat minderjariges verkrag cisgender, heteroseksuele mans is.

DIS WAT WARE INKLUSIWITEIT IS

Daar is niks wat kinders of kleuters “seksualiseer” of seksueel voorberei wanneer ons vir hulle leer dat daar miljoene mense in die wêreld is wat nie met die binêre gender of verhoudingsdefinisie identifiseer nie. Gender-identiteit het niks met seks te doen, soos Hofmeyr glo nie.

Voordat jy The Lion King en Micky Muis in jou huis verbied, en soek vir onderliggende boodskappe in hul inhoud wat kinders kan seksualiseer, ontspan – die vermaakreus is beslis nie besig om jou kinders seksueel voor te berei (groom) nie.

Vivian Ware, Disney se hoof van diversiteit en inklusiwiteit, verduidelik dat Disney se standpunt bloot gaan oor inklusiwiteit en respek vir mense van enige ouderdom se genderidentiteit.

Pleks daarvan om besoekers aan die Disney-parke te groet met ’n “hello, boys and girls” of “ladies and gentleman”, sal hulle eerder mense verwelkom met ’n “hello, everyone” of “hello, friends” of die mooi “hello, dreamers of all ages.”

Waarom dan soveel vrees en emosionele retoriek?

Om mense en kinders se emosionele ervarings van hul genderidentiteit met begrip en deernis (sowel as ’n bietjie gesonde nuuskierigheid) te benader, beteken nie dat jy iemand “groom” om dit te verander nie. Dit maak ook nie inbreuk op iemand se regte nie.

Waarskynlik maak jy dit net ’n bietjie makliker vir iemand wat reeds ’n moeilike pad moet stap.

Hofmeyr meen verder dat mense wat nie sy mening oor “die LGBTQ+-infiltrasie by Disney” deel nie, waarskynlik nie ouers is nie.

Ek leer egter my kinders hoe belangrik dit is om enige mens (ook die wat anders dink, lyk en voel as jy) met respek te hanteer. Hulle het die ruimte, vryheid en gemaklikheid om te weet ek is onvoorwaardelik lief vir hulle, ongeag hul genderidentiteit of seksuele oriëntasie.

Hulle weet ek sal nooit aannames daaroor maak nie. Dis ’n vryheid en ’n reg wat ek vir alle kinders gun – ongeag met watter letter of simbool hulle in LGBTQ+ identifiseer.

FOKUS OP MENSWEES, NIE GENDER

As ’n professionele geestesgesondheidspraktisyn wat al dekades lank in die praktyk te doen kry met mense se verwonding en worsteling oor hul gender, het ek eerstehandse ervaring oor die skade wat wanopvattings en venynige onkunde soos die kan aanrig.

Seksualiteit gaan oor veel meer as net penetrasie, gender en geslag – dis ’n diep, ryk geskakeerde ervaring op alle vlakke van intimiteit – emosioneel, sensueel, romanties, intellektueel en ja – ook seksueel.

Hoekom is ons dan so gesteld op iemand se geslagsorgane onder hul klere, en of die manier hoe hulle aantrek en hul keuse van lewens- en seksuele maats in lyn is met ons ou geykte sienings van “manlik en vroulik?”

Hoekom bemoei ons onsself nie eerder met die menswees (siel) van iemand nie?

Hofmeyr probeer ook sy “verskoning” kwalifiseer met “ek sal enige mens se reg om te bestaan verdedig” en “ek gee nie ’n duiwel om oor hoe jy jouself wil identifiseer nie”.

Maar dan, ’n voorbehoudsbepaling.

“Jy is my gelyke totdat jy trap op die regte van ander en totdat julle ons kleuters seksualiseer vir julle grille en plesier.”

In die “verskoning” raak Hofmeyr steeds valse en afbrekende stellings teenoor geslags- en genderdiverse mense kwyt.

Dis nie nodig vir Hofmeyr om enigiemand se bestaansreg te verdedig nie – dis ’n implisiete mensereg en verskans in ons Grondwet.

Iemand se biologiese geslag, genderidentiteit, seksuele oriëntasie of hul persoonlike uitlewing van hul seksuele gedrag en voorkeure, (met inaggenome ingeligte, wetlike en entoesiastiese instemming) – maak geen inbreuk op die regte van ander nie.

Dalk moet ons eerder onsself bemoei met iemand wat sê “jy is my gelyke”, maar kyk of hulle hul woorde in hul dade uitleef.

OOPKOP, NIE OORDEEL

My pleidooi is dat mense hul denke en harte teenoor dié gemeenskap oopmaak. Ons hoef nie alles te verstaan of selfs noodwendig saam te stem om ons medemense met agting, empatie en menswaardigheid te behandel nie. Ons taal is ook te beperk en ons insig te min om die hele konstruk van die kontinuum van menslike seksualiteit en sy dimensies te verwoord of te verstaan – dit beteken nie ons moet ophou probeer om ’n linguistiese, inklusiewe ruimte te skep waar iemand wat geslags- en genderdivers is, veilig en welkom voel nie.

Dit is so dat die meeste mense as heteroseksueel en cisgender identifiseer, (wat beteken dat hul persepsie van hul gender en hul biologiese geslag met geboorte ooreenstem).

Vir dié groep is dit soms ondenkbaar om hulself in die skoene te sit van iemand wat nie dieselfde voorregte as hulle het nie – maar probeer jouself vir ’n oomblik voorstel:

Jy word wakker in ’n wêreld waar cisgender-heteroseksualiteit nie die norm is nie . . .

Mense vertel vir jou dis ’n sonde en afwyking om aan mense van die teenoorgestelde geslag aangetrokke te wees – in sommige lande is dit selfs onwettig en jy kan met die dood gestraf word.

Jy moet vir wie jy lief is en jou identiteit wegsteek, uit vrees dat jou familie en die samelewing jou gaan oordeel, verwerp of selfs leed aandoen.

In Suid-Afrika is swart lesbiërs en transgender mans en vroue veral kwesbaar en se kanse groter om in ’n haatmisdaad verkrag of vermoor te word, volgens ’n verslag van die menseregteorganisasie Human Rights Watch. Besef ook dat dit iets kan wees wat ’n familielid, vriend of jou kind tans ervaar of mee saamleef. Dit is nie ’n seksuele voorkeur of afwyking wat iemand “kies” nie.

Wanneer ons ophou aannames maak oor ander en opreg na mekaar se behoeftes kyk om ons waarheid met integriteit en durf uit te leef, sonder om ons medemens te benadeel, kan ons hopelik wegbeweeg van skadelike oortuigings wat uit onbegrip en vrees spruit.

Dit sit ons hopelik op die pad van aanvaarding en liefde, vir ander en vir onsself, sonder om te voel dat jy enige iets van jouself hoef prys te gee.

Hofmeyr meen egter dat “die LGBTQ+-debat nie een is wat gewen kan word nie”, dat die reaksie op sy uitlatings “die venyn van frustrasie” is.

Maar dié debat is nie iets om te wen of verloor nie – dit gaan daaroor dat alle mense die reg het om hulself te kan wees, sonder vrees of vooroordeel.

As ons dit weer eens met die binêre “wen of verloor”- of “reg of verkeerd”-mentaliteit benader, eerder vanuit ’n standpunt van begrip en ruimhartigheid, dan is ons almal verloorders.

* Dr. Mulder Craig (sy/haar, cisgender, sapioseksuele, demiseksuele eggenoot +) is ’n internasionaal gesertifiseerde seksuoloog, psigo- en verhoudingsterapeut met byna 30 jaar ervaring in die praktyk. Sy is ook ’n ma.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%