NamPower beplan om vanaf die eerste Maandag in Junie kragtoevoer na dorpe regoor die land te begin beperk. Foto argief
NamPower beplan om vanaf die eerste Maandag in Junie kragtoevoer na dorpe regoor die land te begin beperk. Foto argief

Hoofstad delg kragskuld

Windhoek Dinsdag sonder water
Fase een van die maatreëls om skuld in te vorder is slegs op een weeksdag van toepassing, maar NamPower het reeds nege fases uiteengesit.
Augetto Graig
Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) het Vrydag aangekondig NamPower se plan om wanbetalers se kragtoevoer af te sny, sal nie woongebiede in- en aan die buitewyke van die hoofstad raak nie. Groot Aub en Brakwater is uit die knyp nadat die stadsraad maatreëls getref het om die skuld te delg. Dit volgens Harold Akwenye, die CoW se hoofwoordvoerder. Volgens Lydia Amutenya, ook ’n woordvoerder van die munisipaliteit, is uitstaande skuld van N$500 000 reeds teen Vrydag afbetaal.

NamPower het vroeg vandeesmaand aangekondig dat kliënte die nasionale kragverskaffer N$1,5 miljard skuld, waarvan N$842 miljoen agterstallig is. Verlede week het NamPower se uitvoerende hoof, Simson Haulofu, uitdruklik gesê alle betrokke instansies weet van die stappe wat beplan word om die skuld in te vorder. Vanaf Maandag 5 Junie sal verskeie munisipaliteite se kragtoevoer onderbreek word. Dieselfde stappe geld vir Nored, wat dorpe in die noorde van die land van krag voorsien, Cenored in Okahandja, asook die ||Karas-streekraad.

As plaaslike owerhede soos Rehoboth, Mariental, Gobabis en Aranos nie teen 31 Mei betaal nie, sal die krag vir vier ure - vanaf 11:00 tot 15:00 - vanaf die eerste Maandag in Junie af wees. Fase een van die maatreëls om skuld in te vorder is slegs op een weeksdag van toepassing, maar NamPower het reeds nege fases uiteengesit. In fase nege sal inwoners van dorpies soos Karasburg, Maltahöhe, Gibeon, Bethanie en Tses, Koës, Leonardville en Berseba vir agt ure per dag sonder elektrisiteit moet klaarkom. Ander plekke wat ook op NamPower se lys verskyn sluit in Lüderitz, Kalkrand, Stampriet, Gochas, Witvlei en Aroab.

Haulofu sê as NamPower kragtoevoer afsny sal dit by sy substasies wees wat betrokke plaaslike owerhede van elektrisiteit voorsien. Dus sal inwoners wat van koopkrag gebruik maak, ook geraak word, saam met hospitale en enige ander instansies in die omtrek. Hy het simpatie uitgespreek teenoor inwoners wat wel hul kragrekeninge betaal en het gesê hulle moet druk op plaaslike owerhede plaas om te betaal wat hulle aan NamPower verskuldig is. Hy het gesê NamPower weet byvoorbeeld dat Rehoboth se inwoners van koopkrag gebruik maak, maar “wat aan ons verskuldig is, word nie aan ons oorbetaal nie”.

By dieselfde geleentheid het NamPower se hoof van finansies, Michael Gotore, gesê Nored is verantwoordelik vir 23% van die totale skuldbedrag, met Rehoboth wat 10% skuld, Windhoek (die grootste kliënt) 9%, en Erongo RED wat sowat 5,6% van die totale bedrag skuld.

GEEN WATER

Intussen is Windhoek se inwoners ook gewaarsku dat die hoofstad môre nie water sal hê nie. Vanaf agtuur die oggend tot agtuur die aand sal watertoevoer in die hoofstad afgesny word omdat NamWater ’n lekkasie in die waterpyp vanaf die Von Bachdam na Windhoek moet herstel. NamWater het Vrydag die geskeduleerde onderbreking van 12 ure aangekondig. Die nasionale waterverskaffer moedig inwoners aan om vroegtydig die nodige reëlings te tref om deur die onderbreking te kom, en belowe om inwoners op hoogte te hou van vordering met die herstelwerk.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 12° | 29° Rundu: 5° | 27° Eenhana: 4° | 25° Oshakati: 5° | 23° Ruacana: 7° | 26° Tsumeb: 6° | 23° Otjiwarongo: 0° | 21° Omaruru: 1° | 19° Windhoek: - 1° | 17° Gobabis: - 1° | 15° Henties Bay: 10° | 17° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:48, High tide: 14:10, Low Tide: 19:57, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:46, High tide: 14:08, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:46, High tide: 14:07, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Rehoboth: - 1° | 15° Mariental: 2° | 15° Keetmanshoop: 4° | 14° Aranos: 1° | 15° Lüderitz: 11° | 16° Ariamsvlei: 5° | 14° Oranjemund: 9° | 16° Luanda: 21° | 24° Gaborone: 8° | 18° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 12° | 17° Maseru: 2° | 12° Antananarivo: 12° | 24° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 18° | 27° Windhoek: - 1° | 17° Cape Town: 12° | 13° Durban: 16° | 26° Johannesburg: 8° | 15° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 17° | 32° Harare: 15° | 27° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.22 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1484 | USD to ZAR 18.75 | USD to ZMW 25.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76704.26 Down -0.59% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1682.51 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13310.4 Down -0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.20/OZ DOWN -0.0072 | Copper US$ 4.60/lb DOWN -0.0057 | Zinc US$ 3 001.50/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 81.66/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 1 036.72/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 12° | 29° Rundu: 5° | 27° Eenhana: 4° | 25° Oshakati: 5° | 23° Ruacana: 7° | 26° Tsumeb: 6° | 23° Otjiwarongo: 0° | 21° Omaruru: 1° | 19° Windhoek: - 1° | 17° Gobabis: - 1° | 15° Henties Bay: 10° | 17° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:48, High tide: 14:10, Low Tide: 19:57, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:46, High tide: 14:08, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:46, High tide: 14:07, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Rehoboth: - 1° | 15° Mariental: 2° | 15° Keetmanshoop: 4° | 14° Aranos: 1° | 15° Lüderitz: 11° | 16° Ariamsvlei: 5° | 14° Oranjemund: 9° | 16° Luanda: 21° | 24° Gaborone: 8° | 18° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 12° | 17° Maseru: 2° | 12° Antananarivo: 12° | 24° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 18° | 27° Windhoek: - 1° | 17° Cape Town: 12° | 13° Durban: 16° | 26° Johannesburg: 8° | 15° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 17° | 32° Harare: 15° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.22 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1484 | USD to ZAR 18.75 | USD to ZMW 25.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76704.26 Down -0.59% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1682.51 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13310.4 Down -0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.20/OZ DOWN -0.0072 | Copper US$ 4.60/lb DOWN -0.0057 | Zinc US$ 3 001.50/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 81.66/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 1 036.72/OZ UP +0.93%