Namibië reik na die sterre
Die plaaslike wetenskaplike gemeenskap het gister geskiedenis gemaak toe leerlinge vir die eerste keer ooit regstreeks met ’n ruimtevaarder aan boord van die Internasionale Ruimtestasie (ISS) kon gesels.
Tydens die geleentheid, wat tydens Wêreldwetenskapweek by Windhoek Afrikaanse Privaatskool gehou is – in samewerking met die Namibië Wetenskaplike Vereniging, die Afrika Millimeter Teleskoopprojek (AMT) en die
Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) – kon leerlinge via ’n amateur (ham)-radio vrae vra en meer oor die sterre leer. Die projek staan as die amateurradio op die internasionale ruimtestasie (ARISS) bekend. Hulle het die geleentheid gehad om met die Amerikaanse Ruimte-agentskap (Nasa) se ruimtevaarder Mike Fincke te gesels.
Volgens Zandré Duvenhage, die koördineerder van die projek, het die idee ontstaan na sy besoek aan die wêreld se grootste sterrekundekonferensie in Kaapstad.
“Toe ek sien hoe die leerlinge daar met ’n ruimtevaarder gesels, het ek net gedink: Ons moet dit ook doen. Ons het in Februarie aansoek gedoen en twee maande gelede bevestiging ontvang dat ons gekies is. Vandag is die vrug van baie logistieke reëlings, harde werk en samewerking tussen skole en instellings,” sê Duvenhage.
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Wetenskaplike Vereniging, Ruth Moldzio, het die dag as die hoogtepunt van maande se beplanning beskryf.
“Ons het reeds in Februarie begin voorberei. Meer as 800 leerlinge van byna tien skole was vandag hier. Omdat die verbinding met die ISS slegs vir tien minute moontlik is, moes alles tot op die sekonde beplan word,” verduidelik sy.
Die ARISS-verbinding is nie net 'n tegnologiese prestasie nie, maar ook ’n simboliese een. Namibië se jeug het letterlik na die sterre uitgereik en “teruggepraat”.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie