Proteas-wedstryd begin ’n ‘nuwe era’ hier
Krieket
Die amptelike opening van hul spoggerige nuwe stadion dié naweek teen Suid-Afrika is die begin van ’n “nuwe era” vir Namibiese krieket.
So sê Gerhard Erasmus, krieketkaptein van Suid-Afrika se buurland, aan die vooraand van Saterdag se geskiedkundige T20-wedstryd teen die Proteas in Windhoek (14:00).
Dis nie net die eerste groot wedstryd in die nuwe NCG (soos die stadion in Windhoek heet) nie; dis ook die heel eerste wedstryd tussen dié buurlande op senior vlak.
Die stadion sal volgende jaar die gasheer vir die o. 19-Wêreldbekertoernooi wees en die jaar daarna ook vir die senior ICC Wêreldbeker in eendagkrieket.
Die FNB Eagles van Namibië sal in hul wedstryd van eerstes dié naweek goed wil vaar.
“Baie mense en baie spelers was betrokke en baie dinge moes reg gebeur vir ons om hierdie punt te bereik. Ek wil amper sê bloed, sweet en trane moes ingaan (om dié stadion tot stand te bring en teen die Proteas te kan speel).
“So, dis rêrig ’n spesiale gevoel. Dis beslis iets wat ons op ’n emosionele vlak gaan aanspoor op die dag en ek dink in daardie sin is daar dalk ’n moontlikheid dat ons hopelik ’n goeie wedstryd kan hê,” sê Erasmus.
Hy sê die Proteas is teenstanders teen wie sy span nie sommer elke dag te staan kom nie omdat hulle ’n “assosiaat-lidland” is en daarom nie gereeld teen toetslande speel nie.
Erasmus sê hulle het in die T20-formaat tevore goed presteer en dat Sri Lanka die sterkste span is met wie hulle al afgereken het.
“In hierdie formaat kan een ou ’n uitstekende dag hê en dan kan daar verrassings wees. Jy kort net een of twee ouens op die dag om dit te doen.
“Ek dink voor ’n uitverkoopte stadion sal dit nogal lekker wees vir iemand as hy ‘daai ou’ is wat op die dag groot gaan.”
Beginpunt
Erasmus sê Saterdag sal uiteindelik nie so veel oor individuele prestasies gaan nie, maar dat dit eerder ’n geleentheid is waar ’n nuwe era van Namibiese krieket ingelui word.
Die Namibiese kaptein is baie opgewonde oor die geriewe wat nou in Windhoek tot hul beskikking is.
“Die (stadion) is beslis van die beste. Daar is twee velde langs mekaar, ’n gimnasium, binnenshuise krieketgeriewe, en Krieket Namibië se kantore is daar. Dis beslis enig in sy soort in Namibië.
“Die ander sportkodes het oor die jare nie so baie ontwikkel soos wat ons kon regkry in vyf maande nie, as ek dit maar reguit kan sê.
“Ek dink dis ’n vars briesie vir sport. Die stadion is ook geleë in die munisipale gebied wat vir sport uitgelê is. Dis so ’n tipe van Sports City, dis reg langs die rugbystadion en by ons nasionale atletiekstadion. En omdat hy nou so nuut en modern gebou is en omdat hy al die nuwe tegnologie en al die nuwe dinge in hom het, voel dit net soos ’n vars bries in Namibiese sport.”
Dryfveer
Erasmus sê Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, was die dryfkrag agter die bou van die stadion. Hy het ook ondersteuning van ’n bekwame groep raadslede gehad.
“As kaptein sal ek net hengse trots wees om daar te staan en die volkslied te sing langs een van die wêreld se beste spanne. Dis beslis ’n geskiedkundige oomblik.
“Ons wil natuurlik ook vir die Proteas baie dankie sê dat hulle ingestem het om teen ons te kom speel. Ons wens dit kan nog baie meer gebeur, want bure help mekaar. Dis nie net hul plig nie, maar ons plig ook om na mekaar uit te reik en ’n goeie verhouding te behou.”
• Suid-Afrika se Kwena Maphaka (dyspier) is intussen deur Ottniel Baartman vervang.
– Verwerk van Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie