Nog ‘n Afrika-kroon welverdiend vir veelsydige Miller
Fietsry
Lang kilometers sonder 'n waterbottel was een van die onverwagse terugsale wat die Namibiese kampioenryer te bowe moes kom.
Namibië se Alex Miller het sy wêreldklas veelsydigheid as ‘n fietsryer uitgestal toe hy Saterdag die eerste UCI Afrika-kampioenskap in grondpadfietsry (gravel biking) verower het.
As ‘n 24-jarige het Miller reeds aan twee Olimpiese Speles (Tokio 2021 en Parys 2024) in die Olimpiese veldrenbergfietsry deelgeneem. In hierdie dissipline het hy reeds die kontinentale kampioenskap gewen, asook 'n bronsmedalje by die 2022 Statebondspele in Australië se Goudkus verower.
In net sy tweede bestaansjaar is Saterdag se Khomas 100, aangedryf deur Hollard, se hoofresies oor 157 kilometer opgradeer om as die UCI Afrika-grondpadfietsrykampioenskap te dien, en ook as die 2025 Namibiese kampioenskap – beide titels wat vir die volgende 12 maande agter Miller se naam sal pryk.
Miller (Swatt Club) het as die Khomas 100 se verdedigende titelhouer die gedugte aanslag van Suid-Afrika se Marc Pritzen, Jaco van Dyk en Wessel Botha (professionele spanmaats vir Honeycomb) afgeweer. Miller is terloops ook die heersende dubbele Namibiese padfietskampioen (in die padresies en individuele tydtoets).
Miller het agterna op sosiale media en in onderhoude verklaar dat hy dit as ‘n groot eer beskou om in die Khomas 100 die nasionale trui suksesvol te verdedig en ook die eerste Afrika kontinentale kampioen in grondpadfietsry te word.
“Ek sal my bes doen om ‘n goeie ambassadeur in die trui te wees wanneer ek dit in Europa dra.
“Dit was nogal 'n taktiese en veeleisende dag buite onder die Namibiese son. Kort ná die wegspring, by die eerste stuk grondpad ná 10 km, het ek een van my waterbottels verloor, maar Jaques Hanekom (Hollard)was 'n legende en het my een van syne gegee – wat my waarskynlik uiteindelik gered het.
“Later, ná die middelste waterpunt (sowat 80 km), het ek my twee waterbottels gegryp, maar ongelukkig het albei op die volgende afdraande uitgeval (ja, ek sal nou in beter houers vir die waterbottels belê).
“So van daar af het dit alles gegaan oor die rantsoenering van wat ek van die begin af oor gehad het. Ek het probeer om soveel energie as moontlik te bespaar, insluitend deur my mond toe te hou en deur my neus asem te haal. Dit was ook my redding dat ek by die 120 km waterpunt twee waterbottels gegryp kon kry.
“Gelukkig genoeg was die (energie in my) bene daar om in te haal wanneer Marc en Jaco aanvalle geloods het, en ek kon wegbreek met sowat nege kilometer oor.
“Nou vir die laaste paar dae van oefenssessies voordat ek weer (in Europa) by die Swatt Club-span aansluit.”
157 km VROUERESIES
Suid-Afrika se Hayley Preen (27) het in die tweede helfte van die resies beheer oorgeneem en haar voorsprong bo die vasberade aanslag van Namibië se Anri Greeff behou om die Afrika-kampioenskap te beklink.
Greeff moes vir die tweede keer met die algehele tweede posisie tevrede wees nadat landgenoot Vera Looser haar in 2024 in ‘n naelrit ns die eindstreep geklop het. Greeff (30) het nietemin die Namibiese kampioentrui verseker en die Afrika-silwer is eweneens glad nie te versmaai nie.
Die voorste uitslae:
UCI elite mans:
1 Alex Miller (NAM) 4:39:15
2 Marc Pritzen (RSA) 4:40:26
3 Jaco van Dyk (RSA) 4:43:01
4 Wessel Botha (RSA) 4:44:08
5 Martin Freyer (Namibia) 4:55:04
6 Joe Laverick (RSA) 4:57:21
7 Daniel van der Walt (RSA) 4:57:22
8 Halalisani Ndebele (RSA) 4:57:26
9 Theuns van der Westhuizen (NAM) 5:11:25
10 Adrian Key (NAM) 5:22:13
UCI elite vroue:
1 Hayley Preen (RSA) 5:36:32
2 Anri Greeff (NAM) 5:39:56
3 Sonica Klopper (RSA) 5:52:54
4 Violette Neza Irakoze (Rwanda) 5:52:56
5 Belinda van Rhyn (NAM) 5:53:40
6 Hayley Simmonds (RSA) 6:27:28
84 km (mans)
1 Marco Thiel (o.18, Namibië) 2:41:43
2 Roger Surén (o.18, Namibië) 2:41:43
3 Theodor Janse van Vuuren (Namibië, paralimpiër) 2:48:54
4 Mike Baartman (o.18, Namibië) 2:48:55
84 km vroue
1 Delsia Janse van Vuuren (o.18, Namibië) 2:50:34
2 Marissa Mouton (Namibië) 3:07:14
3 Jacky Shipena (Namibië) 3:07:14
44 km mans
1 Micah Chase (o.16, Namibië) 1:35:23
2 Daniël Hennes (o.16, Namibië) 1:36:21
3 Karl-Nikolai Lisse (o.16, Namibië) 1:36:22
44 km vroue
1 Nicole Surén (o.16, Namibië) 1:52:29
17 Joadri de Beer (o.16, Namibië) 1:52:38
3 Qara Volschenk (o.16, Namibië) 1:52:44

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie