Merietepunte by Rössmund op die spel
Gholf
Cilliers Sachse (foto) van Omeya-gholfklub is een van die voorste gerekende aanspraakmakers vir die Bachmus Rössmund Ope gholftoernooi wat Saterdag en Sondag by die Rössmund-klub buite Swakopmund aangebied word. Spelers verdien by dié toernooi punte op die Namibiese Amateur Gholfunie se merietelys. Die voorste afslaangroepe vir Saterdag vanaf die eerste bof is: Elias Mulombwelwa, Cilliers Sachse, Edwin Kutara (07:40); Kasoma Paulino, Jackson Kawaya, Wensley Haseb, Hans Naobeb (07:50); Frikkie le Grange, Paulus Shifonono, Elkana Mbango, Erlifo Naobeb junior (08:00). Foto Andrew Poolman


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie