Brandberg Backyard Ultra: Namibië se inspirerende vasbytstryd is terug
Endurance
Vanaf 1 tot 3 Augustus word ‘n polsslag van opwinding, vasberadenheid en gemeenskap deur die woestyndorpie Uis gestuur deur die aanbieding van die vierde jaarlikse Brandberg Backyard Ultra (BBU).
Sedert 2022 het die BBU ‘n jaarlikse instelling op die kalender van Namibiese hardloopgeleenthede geword — bekend as “die resies sonder ‘n eindstreep”.
As Namibië se enigste ultra-marathon sonder einde, is die BBU is ‘n unieke, uitmergelende wedloop in ‘n ongenaakbare formaat, maar terselfdertyd ‘n geleentheid met gasvryheid, aangename venue en ‘n lewendige gees van gemeenskap.
Een baanrondte elke uur, totdat net een hardloper oorbly
Die Backyard Ultra se formaat is eenvoudig:
• Hardloop, stap of draf ‘n baanrondte van 6.7 km elke uur, met die volgende wat op die uur begin.
• Voltooi die afstand binne 60 minute om in die wedloop te bly.
• Wees by die wegspringstreep wanneer die volgende uur aanbreek.
• Net een hardloper kan wen.
Die spel is ewe veel sielkundig as fisiek. In die woorde van Lazarus Lake, stigter van die unieke resiesformaat, is die langste afstand in ‘n backyard ultra vanaf die hardloper se rusbank na die wegspringstreep.
Elite kompetisie – maar oop vir enigeen
Die BBU lok Namibië se mees gebreide ultra-atlete, maar dis nie net vir diegene wat op elite-vlak meeding nie. Die formaat is ewe perfek vir drawwers wat hul eie persoonlike grense wil uitdaag; beginners wat vir ’n paar baanrondtes hul sielkundige krag wil toets; asook enigeen wat te voet ‘n langer afstand wil aflê as wat hulle ooit tevore gedoen het.
Die wegspringstreep is vir almal dieselfde, en elkeen bepaal self hoe lank en ver hulle kan aanhou. Die BBU bied ‘n uitdaging een elkeen – of dit nou vir een, tien of twntig-plus baanrondtes is.
Wie kom in 2025 aantree?
’n Rekordgetal inskrywings word vanjaar verwag, wat van Namibië se voorste uithou-atlete insluit. Van die ernstige mededingers sluit in:
• Andre Ross, veteraan van vele Comrades ultra-marathonne en Namibiese rekordhouer in die Backyard Ultra, nadat hy tydens verlede jaar se wêreldkampioenskap vir spanne 26 baanrondtes (174.2 km) voltooi het. Hy is ook die rekordhouer op Uis, mat 22 baanrondtes.
• Erich Goeieman, die tweedebeste Namibiese yster in die 2024 wêreldkampioenskap met 25 baanrondtes.
• Danielle Zimny, die laaste oorblywende Namibiese vrou tydens die 2024 wêreldkampioenskap, met 16 baanrondtes.
‘n Ultra van jou keuse, met groot gees
Hoewel die formaat van die kompetisie ernstig is, heers ‘n betowerende atmosfeer. Die ikoniese Brandberg Rest Camp in die hartjie van Uis is ’n oase in die woestyn, waar die drawwers, toeskouers en ondersteuners saam verkeer vir ’n naweek van vasbyt, stof en gemeenskap.
Families, vriende en ondersteuners slaan gazebos op en bring die toejuiging deur die nagtelike ure.
Rondom die warm kampvure word koffie gedrink en stories gedeel.
Die koeiklokke word gelui om elke drawwer se terugkeer te verwelkom.
Die kinders geniet speletjies, avonture en ‘n skattejag.
Of jy net een baanrondte or twintig doen, elkeen is ‘n integrale deel van die ondervinding.
Meer as net 'n wedloop: Steun vir bewaring
Die BBU ondersteun met trots drie belangrike Namibiese bewaringsorganisasies. Vanjaar se stil veiling, wat onmiddellik ná die wedloop gehou word, sal geld insamel vir die Pangolin Conservation & Research Foundation / Ocean Conservation Namibia / Save the Rhino Trust Namibia.
Elk van die drie bewaringsorganisasies sal ‘n stalletjie opgerig hê, met handelsware en vriendelike personeel wat geselsies aanknoop en met bewusmaking help.
RMB Namibia as hoofborg
Die Brandberg Backyard Ultra is word met trots deur RMB Namibia aangebied, wat sedert 2015 saam met Namibia Ultra Trails staan. Hul geloof in vreeslose denke en gemeenskapsgedrewe uithousport maak hulle die perfekte vennoot vir ’n resies met geen eindstreep nie.
Die organiseerders
Die byeenkoms word aangebied deur die Scholtz-familie – Nico, Riana en hul twee seuns, onder hul handelsmerk Namibia Ultra Trails.
Die Scholtz’e is ‘n aktiewe familie wat lief is vir draf en reis en om terug te ploeg in hul gemeenskap en hul land sover hulle in staat is.
“Ons is geëerd dat die byeenkoms soveel gegroei het – in getalle, maar ook in die entoesiasme. Die Brandberg Backyard Ultra is meer as net ’n resies; dis ook ’n viering van vasbyt, gemeenskap, die landskap van die Uis-omgewing en die dierespesies wat ons beskerming nodig het.”
Vir meer, besoek www.NamibiaUltraTrails.com of volg hulle op Facebook en Instagram (@NamibiaUltraTrails).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie