Beserings bly darem weg ná Boland-oefenwedstryd
Rugby
                                    
                                                            Jacques Burger, Namibië se direkteur van rugby, en sy nasionale afrigterspan is baie verlig dat die spelersgroep sonder enige nuwe beserings uit die stryd getree het ná afgelope Saterdag se opwarmwedstryd teen die Boland Kavaliers op Malmesbury.
Die Namibiese groep sou gisteraand uit Kaapstad na Dubai vlieg vir die allerbelangrike 2027 Wêreldbeker Finale Kwalifiserende Toernooi, waar botsings teen België (13 November), Samoa vyf dae later en Brasilië (18 November) op hulle wag. Net een van dié rugbynasies sal na Australië 2027 deurdring.
Laas Saterdag se oefenwedstryd teen die Boland Kavaliers was baie suksesvol, het Burger gister aan Network Sport Hub gesê. Die Kavaliers, wat in die afgelope Curriebekerseisoen die semifinaal gehaal het, was rustyd met 12-10 voor en met 26-17 toe die eindfluitjie blaas.
“Ons het baie min geskop en het gestreef om vir so lank as moontlik die bal te dra, om seker te maak dat almal met ons aanvallende patroon ingeskakel en op dieselfde bladsy is,” het Burger gesê.
Volgens hom is die eerste en tweede helfte met verskillende kombinasies aangepak.
“Kontinuïteit is moeilik om te behou wanneer jy personeel verander, maar ons het die intensiteit volgehou en goed gereageer wanneer die sterk Bolandspan druk op ons toegepas het.
“Ons is heel tevrede met die algehele vertoning. Dit was sonder twyfel ‘n groot tree in die regte rigting.
“Boland speel ook met intensiteit en in dié opsig het ons op gelyke voet meegeding, wat vir ons ‘n goeie teken is. Op ons verdediging was daar ook goeie aanduiders.”
Die Namibiese driedrukkers vir die dag was senter Johan Deysel, agtsteman Wian Conradie en vleuel Aston Mukwiilongo. Die slot Johan Luttig en een Boland-speler het elkeen tien minute vir ‘n geelkaart uitgedien.
“Die atmosfeer in die groep is baie positief, veral met die aansluiting van Pieter Rossouw (laas week bevestig as die nuwe hoofafrigter) en Pine Pienaar (konsultant vir verdediging) in die laaste weke. Ons werk hard in die oefensessies.
“Ons is verlig dat daar geen nuwe beserings was nie, nadat ons reeds voor die toer ‘n paar manne verloor het. Maar ons is gereed en opgewonde om die taak voor ons te gaan verrig en ons heel beste vir Namibië te gee.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie