Adrenalien pomp by Lüderitz Kreeffees

Motorsport
Otis Daniels
Petrolkoppe is bederf met ‘n adrenalien-gedrewe motorsportfees van “spinning” by die 18de weergawe van Lüderitz se Kreeffees.

Sondag se vertoning, aangebied by die ou Lüderitz-gholfklub, het geen tekort aan brullende enjins, rookwolke en skreeuende of barsende buitebande beleef nie.

Altesame ses spanne – twee van Windhoek en vier van Swakopmund – het ingeskryf en is aangemoedig deur ‘n geesdriftige skare van nagenoeg toeskouers.

Die “spinners” het hul klas gewys en het toeskouers beïndruk met hul behendige bestuursvermoëns.

Team Kyle (bestuurder Petrus van Wyk en assistent Bernard Yvanzo) was in ‘n BMW aangedryf deur ‘n 2.8 multiklep-enjin. Team Toppie se bestuurder Chris van Rooyen in ‘n Lexus V8 met Robert Plaat as sy assistent was een van die skare se gunstelinge.

Given Horaseb was agter die stuurwiel van ‘n BMW met ‘n Lexus-enjin, met Junior Brinkman as sy assistent vir Team Given_514.

Team Woerwaai het bestaan uit Junior Brinkman met Ysuf Saal as sy assistent in ‘n BMW 2.8 multiklep-enjin.

Palo Gentz (bestuurder) en Robert Plaat (assistent) het uitgeblink in ‘n M20-gedrewe BMW. Vir Team Frankenstein was Frank Adams die drywer met Damian Barendse langs hom in ‘n BMW met ‘n multiklep-enjin.

‘n Organiseerder van die byeenkoms, Petrus van Wyk, sê: “Ons doen hierdie reeds vir die laaste vier jaar. Dis altyd groot vermaak vir die toeskouers. Ons doen dit vir die pret en uit liefde vir motorsport.

“Die oppervlak waar ons spin het met die tyd verweer geraak en ons is op die uitkyk om ‘n tweede oppervlak op te knap.

“Ons volgende byeenkoms sal in Windhoek wees. Ons sal ook by die Diamantfees (op Oranjemund) en op Otjiwarongo vertonings aanbied.”

Kommentaar

Republikein 2025-05-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer