Vriende in hoë plekke
Ek het nog nooit die obsessie met roem verstaan nie.
Dié beginsel gryp my nog minder aan sedert my bakkies ongeveer vyf jaar gelede op die kassie begin verskyn het. As joernalis moet jy egter baie keer onderhoude met bekendes voer sodat diegene wat wel deur hul roem gefassineer is, oor hulle in die koerant kan lees of na hul geselsies op televisie kan kyk.
Onlangs by ’n fees is ek weer vir die soveelste keer agter die verhoog waar die bekendes uithang en ek kyk in die vertrek rond. Hulle is almal seker gaaf, maar wat maak dit werklik saak?
Selfs al sou ek ’n lekker geselsie met iemand aanknoop en ’n goeie en langdurige vriendskap van daar af bou, sou hul roem absoluut niks beteken nie. Hulle word dan my pel Jannie of my goeie vriendin Sannie en nie Jannie Die-en-Daai of Sannie Hiervandaan nie. Hulle is maar net jou vriend of vriendin soos elke ander vriend of vriendin wat jy tans het.
’n Paar maande voor dié fees moes ek ’n onderhoud met ’n bekende musikant voer. Ek is ’n groot aanhanger van sy musiek, maar ek kon my brein nie so ver bring om te besef die man na wie se musiek ek gedurig luister, dieselfde een is wat gaan antwoord as ek hom nou bel nie.
Die telefoon lui nogal lank voordat hy antwoord en onmiddellik met die “ja, hallo ...”, begin my kollega wat saam met my in die vertrek is, bloos. Tydens ons gesprek van ’n paar sinne – die logistieke soort gesprek waar jy sê ek het dié vir jou gestuur, het jy dit ontvang – begin haar mond oophang. Toe die selfoongesprek eindig, gaap sy my aan.
“Ek kan nie glo julle bel mekaar nie!”
Tegnies gesproke, ja, ons bel mekaar, maar dit is hoegenaamd nie so opwindend soos dit klink nie. Ek gaan nou nie die arme siel bel en afpak oor elke ding wat in my dag verkeerd geloop het nie. Nog minder gaan ek hom vir raad vra. Selfs al het ek en die arme man so diep gepraat, sou hy net my ou maat gewees het. Die glans van roem sou lankal nie meer aan hom kleef nie.
Ek wonder soms hoekom die feit dat baie ander mense iemand se naam ken, dit ons meer aangetrokke tot hulle maak.
Gee dit ons meer erkenning? Maak bekende mense beter vriende as anonieme plebs? Is hul gesprekke interessanter? Miskien moet ek êrens weer agter die verhoog ’n geselsie aanknoop en laat weet of my nuwe pel se roem my iets in die sak bring.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie