Van ‘cane’ en Coke na Comotomo-bababottels
As jy as vrou wonder of jy al jou “groepie” gevind het, het jy hulle beslis nog nie gevind nie. Dis iets wat jou siel weet nog voordat jou verstand dit besef.
Jy hoef nie te twyfel of hierdie groep vroue saam met jou in die straat sal afhardloop om jou hond te vang en nog minder wonder jy of hulle negeuur op ’n Dinsdagaand op jou kombuisvloer saam met jou sal lag en gesels nie. Jou groepie hartsvriendinne is soos ’n kat – jou kat vind jou en nie andersom nie.
Ek dink almal wat my goed ken, weet ek is bitterlief vir my groepie vriendinne, maar ek kan my soms vergaap oor die dinge wat vroue kan word wanneer hulle swanger is.
Ons almal ken die “Askies tog, net BPA-vry, asseblief”-mamma, of ’n ma wat vra “net natuurlik vir my kleinding, asseblief”. Hulle is die “geen sintetiese kleertjies vir baba nie”, of “die speelgoedjies moet asseblief net natuurlik wees”, en moet nie vergeet van “my baba sal net Woolies ‘babygrows’ dra” en natuurlik ook “kleintjie moet asseblief net houtspeelgoed kry, want plastiek maak my naar”.
Dis alles goed en wel – doen wat jy dink die beste vir jou baba is. Ek wil nie kinders hê nie, so dit is nie in my toekomsplanne nie en daarom het ek nog nie die navorsing daaroor gedoen nie.
As baba Barry nie mag BPA gebruik in sy lewe nie en klein Koos in Woolies-klere moet gaan kattekwaad aanvang in die modder – dit het net mooi niks met my te doen nie.
Dis net eienaardig wanneer jy jou liewe vriendin se gesig sien en besef jy het hierdie gesig al onder die neonligte van klubs gesien en nou skielik is sy ’n mamma wat net hierdie soort bababottels en daardie soort spoegdoeke soek.
Toe ek saam met haar vier rye spore by ’n kroeg met ’n taai vloer uitgestap het, het ek nie gedink dat ek vier honderd dollar sou moes uithaal om vir haar baba natuurlike, kleurselvrye speelgoed te moet koop nie.
Ek het al gesien hoe mamma twyfelagtige middels inneem, maar nou is seuntjie te goed vir BPA? Seun, jou mamma het al erger as BPA in haar liggaam gesit en ek kan daarvan getuig. En om nou nie te praat van die mans in haar verlede nie – dít was meer raaiselagtig as twyfelagtig.
Shame, mamma probeer seker maar net sorg dat seuntjie beter daaraan toe is as sy. Dit is seker maar so natuurlik soos moederlike instink. Van beide sal ek jou niks kan vertel nie, so miskien is dit die stukkie van die legkaart wat ek nog nie gevind het nie.
Ek kan beslis vir jou sê ek mis iewers iets, want tussen mamma wat net ’n paar jaar gelede “cane” en Coke gedrink het asof dit water was en die water wat nou net in ’n Comotomo-bababottel mag kom, klop my wiskunde nie so mooi nie.
Dalk kan seuna wanneer hy in graad 3 kom vir my help om die sommetjies reg te maak.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie