Theresa sê maar net - Dankie vir die verskil wat jy maak
Theresa van Zyl - [email protected]
Die winter druk soggens sy koue snoet teen mens se gesig vas, vroetel met ysige asem verby die opgetrekte krae en serpe om jou aan te spoor om vinniger te stap na die kar – jou eie, n taxi of ‘n geleentheid. Binne die ruim van die effe warmer kar,
volg ons dan die rooi-liggie-trein in die vroegoggend donkerte of skemerte na ‘n wagtende werkplek. ‘n Werkplek waar daar gewoonlik ‘n warm koppie koffie jou uitnooi om jou gevriesde vingers daar om te vou en daardie behaaglike eerste sluk
van die warm geluk te vat . . .
Goed, nou is jy reg om die dag aan te vat en jou wese warm te werk. Werk is iets anders vir ons elkeen, maar ‘n werklikheid vir ons almal. Party stres daaroor, ander lewe daarvoor, sommige sien uit daarna, ander sien op daarna. Werk is vir party ‘n
droom wat waar geword het, terwyl dit vir ander iets is om oor te droom, vol afwagting vir wanneer dit werklikheid gaan word. Of werk vir jou ‘n sleurgang, ‘n manier van selfverwesenliking, ‘n gedwonge offer van ure of ‘n vreugdesvlam van vervulling is – dalk is dit nodig dat ons hier in die hartjie van die winter ‘n bietjie nadink oor die konsep van werk. Werk is die manier waardeur ons vir ons gesin voorsien in hul elkedagse behoeftes, dit sit kos op die tafel. Werk is nie altyd maklik nie, dis nie altyd lekker nie – maar dis nodig, en dit is ‘n voorreg. Dit is genade. En niks wat die moeite werd is, was nog ooit maklik nie. Werk is iets om te waardeer en jou beste voor te gee, want dis ‘n gawe van God. Ons moet onsself daaraan herinner dat werk net ‘n ander vorm van
lofprysing in diens van God is. Ons moet werk – nie asof vir aardse werkgewers nie, maar vir Hom, tot Sy eer en verheerliking.
As jy al vir ‘n paar weke of maande – of selfs langer – sonder werk was weens omstandighede, dan sal jy presies verstaan hoe dit voel om nié ‘n werk en nié ‘n inkomste te hê nie. . . En dan gebeur dit – jy kry weer werk! Dis ‘n geskenk, ‘n verligting, ‘n dankbaarheid wat diep in jou hart kom vas sit. En dan wil jy jou alles en jou beste gee, want God het jou gebede beantwoord, Hy het in jou behoefte kom voorsien deur hierdie firma of persoon wat jou potensiaal raaksien. Iemand kyk verby
papiere of kwalifikasies of ouderdom en gee aan jou die kans op die begin van ‘n nuwe lewe deur jou ‘n posisie aan te bied.
Mag God elkeen van hierdie werkgewers se?n, want hulle verskaf veel meer as werk – hulle inspireer hoop en gee lig wat verder strek as wat hulle ooit sal besef! Hulle is die keerpunt in ‘n lewe, ‘n gesin, ‘n familie en soms ‘n hele generasie. Hierdie
werkgewers is werktuie van genade en die goedheid wat hulle aan ander bewys, sal altyd terugkom na hulle iewers in tyd wanneer hulle dit die minste verwag, maar die nodigste het. As jý een van daardie werkgewers is – baie dankie. Baie dankie vir die verskil wat jy in die lewens maak wat jy aanraak. Jy sal nooit vergeet word nie, want jy het lig en lewe gebring deur jou visie, jou bereidheid om ‘n kans te vat en jou goeie hart. Dis mense soos jý wat ‘n nalatenskap van hoop en geloof in die goeie bou en ‘n land versterk met ‘n sterker volk wat geanker is in geloof en hoop en liefde. - Gasskrywer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie