Slaggate is ’n euwel
In die verlede het ek die pogings van die Windhoek-munisipaliteit waardeer om die teerpaaie elke keer ná die reënseisoen weer op standaard te kry.
Ongelukkig kan ek nie dieselfde vanjaar sê nie. Die honderde slaggate veroorsaak geweldige ongerief, nie net vir inwoners van Windhoek nie, maar ek dink ook vir die talle toeriste wat ons pragtige land besoek. Sommige van die gate kan groot skade aan jou voertuig aanrig.
Die paaie is so sleg dat ek dit deesdae nie waag om snags onbekende paaie te trotseer nie. Ek kan jou met 100% sekerheid sê jy gaan nie ’n slaggat of twee raaksien nie en jou bande of voertuig kan dalk in sy peetjie wees.
Na my mening is dit in die belang van Windhoek en Namibië dat die paaie in ’n goeie toestand is. Ek het lanklaas iemand in die sosiale media sien kla oor die toestand van ons grondpaaie. Maar dit beteken nie dat dié paaie in ’n skaflike toestand is nie.
Soos ons in die verlede al gesien het, help dit nie om net die teerpaaie te herstel en die grondpaaie is in ’n haglike toestand nie. Ek kan my net voorstel hoe die grondpaaie moet lyk as ons dorpe se teerpaaie so lyk. Veral in die Suide, of Kaokoland en Damaraland waar, as ’n toeris alles wil sien wat Namibië bied, hy beslis ’n grondpad of twee moet aandurf.
Ek het al dikwels gewonder hoe toeriste moet voel wanneer hulle op ons grondpaaie ry. Hulle kom van eerstewêreldlande en is nie gewoond aan grondpaaie nie, wat nog te sê aan slegte grondpaaie.
Dis vreesaanjaend vir my om op ’n grondpad te ry. Ek het gedink ek sou oor my vrees kom na al die jare, maar ek dink eintlik my vrees het erger geword omdat ek nie meer so gereeld “gedwing” word om grondpaaie te ry nie.
Mense wat met grondpaaie grootgeword het en van jongs af al op die plaas leer bestuur het, verstaan nie die angs wat stadsjapies ervaar nie. Al my pogings om myself te kalmeer, help net mooi niks nie.
My oplossing is: ry teen ’n spoed waar ek steeds veilig voel, al is dit 60 km per uur, of vermy grondpaaie sover as moontlik. Die probleem met dié twee oplossings is dit vat my 10 keer langer om iewers te kom en dat ek geleenthede misloop net omdat ek bang is. Eendag, hoop ek, sal ek daardie vrees oorkom. Eendag. . .
Ek doen hiermee ’n beroep op die Windhoekse munisipaliteit om asseblief die paaie te inspekteer en al die hordes slaggate te herstel. Groot asseblief! En moenie vir my sê julle het geweet dit gaan in die middel van die winter reën nie!
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie