Pase, hase en dolleë eiers
Charlotte sê maar net
Dis weer sulke tyd ... Hasie hop-hop begin eiers lê. Kleurvolle, soet paaseiers.
Geen hoender in die prentjie. Kontras nommer een.
Boubul-steak raak ? weeskind. Vis kraai koning en hotcross buns hardloop selfvoldaan oor die daaglikse bruinbrood.
Ja my minse, laat my toe om julle ? sterretjie soos ? Sub A-juffrou te gee. Sover doen julle die dril netjies. Laas Sondag gepoeier en gepaint in die kerk om nog ? palmkruisie te kry; nóg ? kruisie om op ? spieëlkas of in die Bybel te beland (die Bybel wat vir baie soos ? troffee getrou lê op bedkassie, bladsye saamgepers soos vars uit die boekwinkel, meer toe as oop).
Die minder besoldigdes het klaar genoeg Mama Pilchards aangekoop; geen kapana, geen biltong, geen donkievleis (dis ? heilige dier).
Dié wat beter af is, het klaar die sukkelende tuisnywerheid ondersteun met “piekelvis”.
Sal dit nie wonderlik wees as julle na die Pase die persoon se besigheid aanhou ? hupstoot gee nie?
In my Katolieke kinderjare moes ons Jesus se voete aan die kruis gaan soen. Baie nederige gebaar maar so teenstrydig met wat die Bybel sê aangaande beelde. Ja ,ek was die rebel in my jeuggroep, altyd met ? “hoekom” wat as duiwels beskou was.
Ek wonder van jongs af hoe die hase en eiers soetgoed inskakel by Jesus se lydingstyd en kruisiging – soetigeit met bloed en lyding? Kontras nommer 2.
Uit nuuskierigheid doen ek my opslaanwerk.
Die affêre se oorsprong is ? Pagan-geloof. Die haas ? simbool van vrugbaarheid; die eier nuwe lewe. Maar die eier raak groter, meer verguld en dolleeg. Hoe is daai vir “vrugbaarheid”? Vir my ? simbool van leemte in ons nuwe era wat al reeds barstensvol leemtes is. Rituele, reëls, sonder diepte. Wortel-loos.
Die godin Eostre sit agter die verhaal. Die “godmother” van nóg ? klug.
Nou staan my kop net mooi daar stil: GODIN ... Net dit alleen is teenstrydig met die Bybel wat duidelik verwys na afgode. Kontras nommer 3.
Dit gaan my verstand te bowe dat Christene in hierdie opsig die Bybel en Tien Gebooie omseil.
Soos ek nou my mond uitspoel was daar ? laaste geskarrel na Easter eggs en vis. Maklik nog ? pers uitrusting wat gekoppel word aan die lydingstyd.
Daar is mense wat selfs hul huise met al wat haas en eier is versier.
Nou dink ek verder en sien in my geestesoog hoe onse Hemelse Vader Sy kop skud en vra: “Hoekom het Ek die mensdom ? komplekse brein gegee as hulle doendinge en tradisies so DOM is? Die brein het ingeboude redenaarsvermoeë om dinge uit te pluis, dots te konnek. Maar nee, My hoogs intelligente spesie strompel voort met oogklappe.“
Miskien dink Hy verder: “Ek moes hulle altemit met oogklappe geskep het.”
Net soos die materiële Krismisviering het ek hope vrae oor die kommersiële sy van Paasfees. Myns insiens ? tyd van introspeksie, hartkamers skoonskrop, weer nederig soos ? kind, vergifnis en genade pleit voor ons Groot God wat sy enigste seun geoffer het vir ons redding. ? Tyd om vrede met jou naaste te hê, jou hart en hand oopmaak vir die verdruktes.
? Tyd van danksegging soos ? kind sy ouer waardeer vir sy opofferings.
? Tyd om te besef jou lewe is ? massiewe godelike geskenk, jou naaste die skakels in die Goddelike ketting van onvoorwaardelike liefde en vergewensgesindheid.
Op hierdie “nie-kerk-loop”-noot groet ek my minse met krummels sielskos om aan te herkou ná die visbak leeg is.
NS: Ek gaan Easter eggs ná die Pase koop, want dan is dit goedkoop en vir my gaan dit oor die sjokolade, nie die tradisie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie