Ons ‘tussenin’-mense
Ek dink daar is mense wat nie bedoel is om vir ewig daar te wees nie, nie omdat iets verkeerd geloop het nie, maar omdat hulle net moes opdaag vir daardie spesifieke seisoen in jou lewe. Jy weet, daardie “tussenin”-mense. Die tyd toe jy nog nie geweet het wie jy gaan word nie, maar ook nie meer was wie jy was nie.
Hulle kom soos ’n dief in die nag. Jy skaterlag sonder om te probeer, die wêreld voel weer jonk en skielik onthou jy hoe lig dinge eens gevoel het. En dan, net so stil, verdwyn hulle terug in die agtergrond van jou storie. Nie uit haat nie. Nie eens uit pyn nie. Net. . . tyd.
En dan, eendag, maak die lewe ’n volle sirkel. Jy loop iemand raak wat jy lanklaas aan gedink het. Daar is daardie bekende stem, daardie manier van glimlag wat jy amper vergeet het jy onthou. Jy voel nie seergemaak nie. Net ’n sagte herkenning soos om ’n ou foto te sien van iemand wat jy eens was. Want dit gaan nie eintlik oor hulle nie, nè? Dis oor wie jy was toe julle paaie gekruis het.
Dit gaan oor die weergawe van jouself wat geglo het in dinge sonder om dit te veel te ontleed. Dit gaan oor die persoon wat nog nie geweet het van hartseer of groei of hoe sterk sy behoort te wees nie.
Dis mooi om te sien hoe jy kan terugkyk sonder om te verlang. Om iemand raak te loop en te besef: Ek is nie meer daardie meisie nie en dis oukei. Sy was nodig, sy was mooi, maar ek het haar agtergelaat saam met die dinge wat my nie meer pas nie.
Die lewe is vol mense wat jou iets kom wys en dan weer weggaan. Sommige het jou laat lag. Party het jou laat huil. Party het jou net geleer dat jy meer kan dra as wat jy gedink het. En elkeen van hulle, of jy dit wil erken of nie, het jou ’n bietjie nader aan jouself gebring.
Ek sê maar net party mense is nie verlore nie, hulle is net “voltooi”. Hulle was die brug, nie die bestemming nie. En dis mooi, selfs al was dit net vir ’n rukkie.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie