Onderwys – Kinders, vrees en leuens
Die wêreld van ’n kind is eenvoudig en nie ingewikkeld nie. Kinders het ’n ongefilterde siening van die werklikheid, vind vreugde in die eenvoudige en glo en vertrou in die goedheid van alles en almal in hul omgewing. Hulle bekyk die wêreld deur ’n bril van eenvoud en ’n bewussynsraamwerk wat nog nie “besmet” is deur die aaklighede van hierdie wêreld nie.
Kinders beskik nog nie oor die vaardigheid om te rasionaliseer en die leuen as die waarheid te verkoop nie. Kinders het nog nie verander nie, maar hulle wêreld het wel. My vrees is dat kinders die werklikheid van vandag as die wêreld van môre sal sien; hulle is immers op ’n toekomsreis.
Gedurende ’n mondelingles het een graad 12-leerder te vertel dat hy eendag ’n skollie wil wees. Die rede, hy wil hê mense moet hom vrees. Miskien ’n grap, maar ’n wrang een. Dis egter hoe hy sy wêreld ervaar; die waarborg van jou eie veiligheid lê in die vrees van ander. Maar, wat hy nog nie weet nie is dat kinders in die wêreld van vrees aangerand, verkrag, ontvoer en vermoor word. Dit gebeur gereeld in ons buurland. Dit het nou onlangs in Okahandja gebeur. ’n Wêreld vol vrees!
Ons is vasgevang in ’n wêreld van vrees wat al hoe wyer uitkring. Ons is vasgevang in oorloë, waarin nie slegs soldate en infrastruktuur die teikens is nie, maar waarin kinders, vroue en senior burgers ook die slagoffers is. Sedert die aanvang van die oorlog in Oekraïne het 2 530 kinders in die kruisvuur beland; gewond of gedood. Die ongevallesyfer in Gasa is ongeveer 50 000. En dit is nie al nie; dit is hartverskeurend om te sien hoe maer, uitgeteerde kinders moet stry om by die kospunte uit te kom. En dan sê hulle, wie die strategie van uithongering en volksmoord bestuur, dat daar nie weerhouding van kos in Gasa is nie. Dat daar nie hongersnood en volksmoord is nie! Dit terwyl die weldoener-organisasies gereeld bevestig dat die Israeliese weermag die gelaaide vragmotors verhoed om by die afleweringspunte te kom. Der duisende van hierdie kinders het nie toegang tot mediese hulp, onderwys, speelgronde en plekke van aanbidding nie. Baie het nie toegang tot hul ouers nie; die ouers is dood. En soos daar gejok word oor uithongering en volksmoord, brei die konflikte uit; Mianmar, die Demokratiese Republiek die Kongo, Soedan, Afghanistan, Ethiopië, Sirië, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Haiti. So verloor kinders hul onskuld en verdwyn die “lus” om groot te word soos mis voor die son.
Een groot probleem is die sogenaamde groot leiers beskik oor geen diplomatieke vaardighede om die botsende partye om die vredestafels te kry nie, of ten spyte van die gevolge, weier om dit te doen. Eerder as om die internasionale verhoog met groter veerkragtigheid te betree, is die administrasie in die VSA besig om aanval na aanval op die demokrasie te loods. Deelstate en hul goewerneurs, universiteite, nieregeringsagentskappe en dienste verantwoordelik vir die verspreiding van die nuus wat getrou bly aan die beleid van verskeidenheid, gelykheid en inklusiwiteit, word gedreig met die staking of inkorting van regeringsbystand.
Skole se geld vir voedingskemas is al ingetrek en as die neiging voortduur sal universiteite hul navorsingsprojekte moet stop. Dit kom voor dat aanvalle op gay gemeenskappe ook nou onverbloemd is. Regters is al beledig en gedreig as die regering nie tevrede met hul beslissings is nie. En die meeste van die regering se besluite is gemaak op grond van verdraaide aannames en leuens.
Kerkgenootskappe was nog altyd vriende van onderwys en die kind. Die Rooms-Katolieke Kerk, by monde van die pous, en sy bondgenote soos die Anglikaanse Kerk, protesteer gereeld teen die uithongering van burgerlikes, volksmoord en onwettige aanhoudings en deportasies in die VSA. Ek kry die indruk dat die opponerende standpunte uit die gereformeerde kamp, maar weinig is.
Ek lees in die Kerkbode van die NG Kerk dat die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) duidelike uitsprake teen korrupsie en ander onheilighede maak.
Volgens die president van die SARK is dit God se wens dat reg en geregtigheid moet geskied. Maar, as dit God se wens is, waarom maak ons dan nie ’n hengse geraas nie. Dra ons enigsins by tot organisasies soos Give of the Givers wat kos aan mense in geteisterde gebiede voorsien? Ek vra, want as ons wil dan sal ons! As oudkassier van my gemeente weet ek dat gemeentes van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika word gereeld gevra om bydraes te gee vir barmhartigheids- en ander projekte. Die grense van die barmhartigheidsprojekte kan tog sekerlik verskuif word om instansies wat hulp verleen in oorlog- en rampgeteisterde gebiede, in te sluit.
Hoe vertoon ons ons betrokkenheid en gehoorsaamheid aan ons goddelike mandaat as ons hierdie wêreldgebeure met ’n ongeërgde en gelatenheid aanskou? Watter moed gee ons aan die kinders om die toekoms met vertroue in te gaan? Dit terwyl hulle bewus daarvan is dat ’n groot gros van hulle generasie alreeds verlore is.
Eendag sal ons soos Joseph Kerschbaum vra, “Where have all the children gone?”
(Ek dra hierdie aflewering op aan Antie Lena Zwartz wat ons verlede week vaarwel toegeroep het. Sy was ’n gelowige vrou, ma en ouma, skoolraadslid, kerkraadslid, koorlid en bobaasbakker. ’n Uitdrukking van haar innerlike krag en karakter was haar ferm handdruk.)
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie