Leierskap vir leke – Vroue doen dit self
“As jy ’n man onderrig, onderrig jy ’n man. As jy ’n vrou onderrig, onderrig jy ’n hele generasie.”
– Toegeskryf aan Brigham Young
Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jongste verslag oor geslagsgaping belig Namibië as die mees geslagsgelyke Afrika-ekonomie, aangesien die land daarin geslaag het om 81,1% van die geslagsongelykheidsgaping te verklein.
Namibië is een van net twee nie-Europese lande wat dit kon regkry en verskyn reeds sedert 2021 in die wêreld se toptien (tans in die agste posisie).
Volgens die Namibië Statistiekagentskap se arbeidsmagverslag van 2023 beklee vroue tans 49% van bestuursposte in die land teenoor mans se 51%.
’n Sigbare weerspieëling van hierdie status is te sien in die politieke samestelling van ons land se leierskap, met vroue wat tot die hoogste posisies van ons land se regering verkies is. Ook in die korporatiewe konteks is dit algemeen om vroue in raadsale te vind. Maar gegewe die historiese en kulturele ongelykhede tussen geslagte, kan ons onsself op die skouer klop en onteenseglik beweer dat ons die eindstreep behaal het?
Ek glo nie so nie. Hoewel vroue nou goed verteenwoordig mag wees in leierskaprolle in die land, is dit ’n relatiewe nuwe konsep en een wat nog ver van gestabiliseer en gevestig is.
Daar is nog generasies van meisies wat ’n geleentheid gegun moet word om hulself te ontwikkel sodat vroue in leierskapposisies so algemeen word dat dit nie meer vreemd genoeg is om oor te skryf nie.
Van die positiewe uitkomste om vroue in die werkplek te bemagtig is:
Gelykheid en regverdigheid, waar vroue die geleentheid het om ’n ekonomiese bydrae te lewer op dieselfde skaal van verantwoordelikheid en vergoeding as hul mans-eweknieë.
Ekonomiese groei, want vroue wat ekonomies aktief is, dra nie net by tot die land se groei nie, maar ook hul gemeenskappe s’n.
Diversiteit – diverse bestuurspanne in organisasies maak gewoonlik beter sakebesluite, doen finansieel beter as die mededingers en is dikwels meer innoverend en kreatief.
Aantrekking van talent – organisasies wat bekend daarvoor is dat hulle vroue bemagtig, is aanloklik vir die jonger generasie vroue wat diversiteit en inklusiwiteit belangrik ag.
Tog ervaar vroue in leierskapposisies ook unieke uitdagings in die werksplek:
Onbewustelike vooroordele en stereotipes. Vroue gaan gebuk onder vreemde opvattings rondom hul emosionele regulering, rasionele besluitnemingsvermoëns en persoonlike benaderings tot verhoudings in die werksplek.
Onderlinge diskriminasie en aggressie. Ten spyte van die verteenwoordiging van vroue in die werksplek, is daar gevalle waar onderlinge stereotipering, diskriminasie en aggressie steeds ervaar word, wat selfs seksuele teistering kan insluit.
Werk-lewe-balans. Hoewel vroue uitmergelende korporatiewe posisies beklee, word daar ook van hulle verwag om hul tradisionele versorgingspligte by die huis na te kom. Werksplekke is dikwels nie buigsaam genoeg in dié opsig nie.
Selfvertrouegapings. Omdat vroueverteenwoordiging in die werksituasie nog ’n relatiewe nuwe verskynsel in die samelewing is, kan sommige vroue nog voel dat hulle hulself meer moet bewys as hul manskollegas.
Die verantwoordelikheid om vroue tot leierskapposisies te bemagtig, berus nie net by organisasies nie, maar ook by vroue self. Ons is aan die begin van ’n reis en die eindbestemming is in ons eie (vroue)-hande.
* Annemarie Schullenbach is ’n navorsings-, besigheids- en bemarkingskonsultant met ’n meestersgraad in besigheidsleierskap en veranderingsbestuur van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie. Sy het meer as 20 jaar se professionele ondervinding in die private en openbare sektor, in leierskap, strategie en navorsingsbepaalde belangstellingsvelde.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie