Leierskap vir leke – Mag en leierskap
“Byna alle mense kan teëspoed hanteer, maar as jy iemand se karakter wil toets, gee hom mag.”
– Abraham Lincoln, 16de Amerikaanse president
“Leierskap” is iemand se vermoë om hul invloed te gebruik om mense tot ’n gesamentlike doel aan te spoor. “Mag” is die vermoë om ander se oortuigings, houdings, gedrag en optrede te beïnvloed.
As mens dié definisies in die woordeboek ontleed, is dit duidelik dat leierskap en mag soos die twee punte van ’n wors is – ongetwyfeld verbind.
Opsommend sou mens kon sê dat leierskap iemand se vermoë is om ander se gelowe, houdings, gedrag en optrede te beïnvloed om ’n gesamentlike doel te bereik.
Of mag oor die algemeen in die hande van die leier of die volgelinge lê, is ’n wors wat op ’n ander dag gebraai kan word. Vir eers is dit belangrik om te fokus op die mag wat spesifiek in leierskap gesetel is, naamlik persoonlike of posisionele mag.
Posisionele mag word amptelik aan ’n leier toegeken binne ’n formele organisatoriese sisteem – dit sluit legitieme mag soos dié van die polisie of ’n regter in; beloningsmag soos dié van ’n werksbestuurder wat ’n werker met erkenning of bevordering kan beloon; afdwingingsmag byvoorbeeld waar ’n skeidsregter ’n opsetlike speler kan straf; en inligtingsmag waar ’n spanleier oor inligting beskik wat ander benodig. Persoonlike mag daarenteen word toegeskryf aan leiers deur hul volgelinge wat hulle as kundig en aangenaam beskou. Die tipe mag is nie noodwendig formeel toegeken nie, maar is gebore uit navolgers se identifisering met die leier, byvoorbeeld ’n onderwyseres wat bemind is deur haar studente. Wanneer volgelinge ’n hoë bewondering vir ’n leier se vaardighede of kundigheid het, word daar na kundigheidsmag verwys.
Dis in hierdie verskeie fasette van ’n leier se mag waar hul karakter getoets geword. Wanneer ’n leier vir ’n oomblik stilraak en ontleed presies hóé hul mag hul navolgers beïnvloed, sal meeste insien dat die verantwoordelikheid van leierskap veel groter is as wat hulle besef. Bowendien is daar ’n versteekte mag wat voortspruit uit die inherente magte waaroor leiers beskik – ’n mag wat bepaal of ’n leier gerespekteer of gevrees, gevolg – of net verdra, word. Dit is ’n emosionele mag – en hoe leiers hierdie mag gebruik (of misbruik) spreek boekdele oor hul eie karakter.
Leiers kan alleenlik volgelinge tot ’n gesamentlike doel inspireer indien die navolger oor die emosionele kapasiteit beskik om die leier se invloed te wil aanvaar. Volgelinge wat gemotiveerd en ondersteun voel, besit emosionele kapasiteit om hulself tot die vervulling van ’n doel toe te wy. Hierdie emosionele kapasiteit vertaal in energie en opoffering waarby die span en organisasie baat. Volgelinge wat egter ongewaardeerd en ondermyn voel se emosionele kapasiteit vertaal in onttrekking, afsluiting en onbetrokkenheid. ’n Leier mag dus die formele mag hê om belonings en straf uit te deel, maar die navolger het die mag om hul emosionele energie aan die doel toe te ken of te weerhou.
Goeie leiers neem verantwoordelikheid vir hul eie mag en verstaan dat hul optrede werkers op en weg van die kantoor beïnvloed. Of navolgers vrýlik hul oortuigings, houdings, gedrag en aksies gaan aanpas vir die doel van die organisasie, lê binne die mag van die leier (en karakter) van die leier self.
* Annemarie Schullenbach is ’n navorsings-, besigheids- en bemarkingskonsultant met ’n meestersgraad in besigheidsleierskap en veranderingsbestuur van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie. Sy het meer as 20 jaar se professionele ondervinding in die private en openbare sektor, in leierskap, strategie en navorsingsbepaalde belangstellingsvelde.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie