Leierskap vir leke – Kolligvangers, smaakmakers en leierskap
“Wyse mense praat omdat hulle iets hét om te sê, dwase mense praat omdat hulle iets móét sê.” – Plato: Filosoof, denker en onderwyser
Ozzy Osbourne se onlangse afsterwe laat mens wonder oor die rol van kolligvangers en smaakmakers in ons samelewing.
Kolligvangers soos Osbourne, Madonna, Harrison Ford en Whitney Houston het almal (selfs dekades later) op hul eie manier kulturele ikone en legendes geword, ongeag of hulle positiewe of negatiewe indrukke op hul aanhangers en navolgers gehad het.
Met die astronomiese impak van sosiale media die afgelope twee dekades, het die sirkel van invloed net soveel wyer uitgekring as wat enige kolligvanger in die tagtigerjare ooit sou kon hoop.
Dertig jaar terug was daar nét kolligvangers – bekendes wat in die openbare oog geleef het en wat skaars kon hik of die paparazzi was op hulle spoor. Vandag is daar nie meer nét kolligvangers nie, daar is ook smaakmakers en beïnvloeders om elke hoek en skerm. Om ’n “beïnvloeder” te word is dikwels meer toe te skryf aan geluk en geduld, as vermoë en finesse.
Maar net omdat iemand ’n titel van ’n kolligvanger of smaakmaker op ’n vlietende sosialemediamikrofoon gekry het, moet ons invloedskeppers as leiers beskou? ’n Studie in die Journal of Leadership Education het bevind dat 75% van voorgraadse studente nie smaakmakers as leiers beskou nie.
Die eerste rede waarom invloedskeppers nie as leiers beskou word nie, is omdat die twee groepe se waardegrondslag verskil. Beïnvloeders word dikwels gesien as selfbemarkers wat net hul eie beeld en bankrekeninge wil poets; terwyl die meeste mense leiers volg omdat hulle op hoër morele grond beweeg en veronderstel is om die belange van hul gemeenskappe op die hart te dra.
Die tweede rede waarom leiers en invloedskeppers nie onder dieselfde kam geskeer kan word nie, het te doen met die impak en benadering van hul volgelinge. Volgelinge wat smaakmakers op ’n sosialemediaplatform volg, is blote aanhangers – nie noodwendige navolgers nie. Aanhangers is dikwels net so vlietend en wispelturig soos smaakmakers, terwyl navolgers normaalweg in hul leiers belê. Aanhangers is passiewe verbruikers van die smaakmakers se inhoud; navolgers (van leiers) is aktief betrokke by ’n inisiatief en werk tot ’n gemeenskaplike doel. In kort: aanhangers het nie dieselfde betrokkenheid (agency) as wat navolgers het nie.
Uit die studie het dit ook duidelik geword dat bykans 60% van studente glo dat invloedskeppers verantwoordelik gehou moet word vir die gedrag van hul aanhangers, spesifiek met betrekking tot skadelike aanlyn boodskappe en gedrag. Die rede daarvoor is omdat dit maklik is vir smaakmakers om aandag te trek, idees te bevorder en opinies te beïnvloed en dat die verwagting bestaan dat beïnvloeders die verantwoordelikheid vir daardie voorreg moet aanvaar.
Die grense tussen die twee groepe is vaag en betwisbaar. Maar om ’n invloedskepper én ’n leier te wees is nie noodwendig onderling uitsluitend nie. Daar is beïnvloeders wat hul platforms gebruik om werklike verandering te dryf. Hierdie tipe invloed-leiers, soos Simon Sinek en Steven Bartlett, dryf dikwels gesprekke oor relevante temas vanuit ’n outentieke gespreksgees. Hulle gebruik hul invloed om op ’n persoonlike vlak met mense te kommunikeer en werklike verandering te bewerkstellig.
Die verskil tussen smaakmakers en leiers is dat leiers praat omdat hulle iets het om te sê, smaakmakers sê iets sodat hulle môre weer mag praat. Mag ons, die navolgers, die wysheid hê om die onderskeid te ken.
* Annemarie Schullenbach is ’n navorsings-, besigheids- en bemarkingskonsultant met ’n meestersgraad in besigheidsleierskap en veranderingsbestuur van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie. Sy het meer as 20 jaar se professionele ondervinding in die private en openbare sektor, in leierskap, strategie en navorsingsbepaalde belangstellingsvelde.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie