Leierskap vir leke – Die kuns van die kreatiewe
“Kreatiwiteit is om deur die alledaagse te dring en die uitsonderlike te vind.” – Bill Moyers, Amerikaanse joernalis en politieke kommentator
Noem die name “Ras Sheehama” of “Jackson Kaujeua” en die woorde “kulturele ikone” kom onmiddellik ter sprake. Hul invloed kring verder uit as net nog ’n deuntjie; maar sement vas in die siele van hul volgelinge. Hul musiek is ’n kompas van identiteit, bewustheid en sosiale refleksie – ook nie net plaaslik nie, maar internasionaal.
Sheehama se stem, byvoorbeeld, was die uitroep van vele wat stemloos was, die morele gewete van leierskap te midde van uitdagings, en ’n ritme van trots en geregtigheid in die roesemoes van valse profete. Al is sy stem nou stil, sal sy (en ander) se kunstige nalatenskap deur generasies nog eggo.
Hierdie tipe van kulturele leierskap het ’n bepaalde, direkte invloed om die oortuigings en gedrag van gemeenskappe te vorm en te lei. Kulturele leierskap wentel nie net om musiek nie, maar sluit die kunste, erfenis en storievertellings in – enige faset wat ’n gemeenskap se identiteit en gedeelde betekenisse definieer. Hierdie kunstenaars (en selfs kunskurators) gebruik hul talente en invloed om maatskaplike kwessies uit te lig, of te beskerm.
Leiers wat hul kuns gebruik om verandering te bewerkstellig, deel die volgende eienskappe:
– Visie en transformasie: Dié leiers is nie noodwendig formele outoriteit toegeken nie, maar hulle kan verandering inspireer deur idees en kreatiwiteit. Dis kunstenaars wat ’n blinker, beter toekoms deur ’n kulturele medium meedeel.
– Sosiale begrip: Kulturele leiers het ’n diep erkenning van die sosiale en geskiedkundige konteks waarbinne hul gemeenskappe en volgelinge leef. Die leiers het ’n gawe om verhale te vorm uit gedeelde ervarings.
– Konneksie: Kultuurleiers dien as brûe tussen diverse gemeenskappe en tradisies, wat mense bymekaarbring deur dialoog en inklusiwiteit.
Nie almal is kulturele leiers nie, maar elke leier kan iets van die kuns(te) aanleer:
– Lei met begrip: Kultuur is die kompas wat mense help om hul weg te vind tussen verskillende opinies en idees. Leiers wat met begrip lei, gee nie net opdragte nie, maar kommunikeer op ’n vlak van gemeenskaplike waardes en identiteit.
– Lei met waardes: Kulturele leiers leef hul waardes – respek, verantwoordbaarheid en empatie. Dis nie net in hul eie optrede nie, maar ook in die verwagtinge wat hulle van die samelewing hou.
– Lei met samehorigheid: Sterk leiers bou op ’n gemeenskaplike “ons” wat unieke taal, stories en simbole insluit. Hulle gebruik die gemeenskaplike waardes om verandering te inspireer.
– Lei met balans: Kulturele leiers balanseer die bestaande waardes van hul kultuur met hoopvolle verandering. Dié leiers verstaan die kulturele beginsels waarbinne hulle leef, maar sien ook wat móét gebeur vir groei om plaas te vind.
– Lei met betekenis: Kultuurleiers gebruik boodskappe om identiteit en doelwitte te kommunikeer, meer as net instruksies. Hierdie leiers gee betekenis aan boodskappe en skep nuwe perspektiewe wat hul volgelinge verstaan en bemoedig.
Die Sheehamas en Kaujeuas van die wêreld is legendes meer as superhelde. Hulle talente is die taal van inspirasie en verandering. Hulle is die leiers van die kuns – waarby ons óns kuns van leierskap kan verfyn.
* Annemarie Schullenbach is ’n navorsings-, besigheids- en bemarkingskonsultant met ’n meestersgraad in besigheidsleierskap en veranderingsbestuur van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie. Sy het meer as 20 jaar se professionele ondervinding in die private en openbare sektor, in leierskap, strategie en navorsingsbepaalde belangstellingsvelde.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie