Foto’s verkwikkend vir die siel
Wanneer laas het jy ’n tydjie gemaak om deur jou duisende foto’s en video’s te gaan wat op jou rekenaar gestoor is? Ek probeer om dit so nou en dan te doen, dit neem jou so ver terug.
Dit laat jou glimlag en terug na daardie tye verlang, al weet jy dié tye is verby en dat jy nooit weer die kans gaan hê om die goeie of slegte tye te ervaar nie. Of om die kanse wat jy laat verbygaan het, met oop arms aan te gryp nie. Maar kom ons fokus nie op die slegte nie, eerder op die goeie.
My kinders is al tieners en glo my dit vat nie baie om hulle in die verleentheid te stel nie. Terwyl ek deur die foto’s blaai, lewer ek kommentaar soos “ag, kyk hoe oulik was jy hier” of “kyk hoe klein was jy hier”. Elke keer as ek kommentaar lewer, sal een van hulle so skelm oor my skouer loer om te kyk waaroor die bohaai gaan.
Hulle wil nie wys dat hulle eintlik doodgaan van nuuskierigheid om te sien wat op die rekenaarskerm aangaan nie. Hulle reaksie was nogal komieklik.
“Wie is dit? Dit is nie ek nie!”
Dan kan jy duidelik sien die "penny" het ge-"drop", soos die Engelsman sê. Hulle besef dit is húlle wat net in hul doek buite rondhardloop, wat die oulikste danspassies uithaal of wat al glimlaggend in die bad sit en “pose” vir ’n foto.
As jy dié foto’s vir iemand sou wys, dan is dit seker die toppunt van verleentheid vir ’n tiener, dit haal seker die topvyf van die “most embarrassing” goed wat met ’n tiener kan gebeur.
Vandag moet mens omtrent die vernuf van die paparazzi hê om jou kinders af te neem. Gewoonlik is jy te stadig, dan sien jy net die agterkant van hul koppe! Deesdae se digitale kameras is so gerieflik, want jy kan soveel foto’s neem soos jy wil en ná die tyd net die beste foto’s hou. Nie soos toeka se dae wat elke blaps jou ’n paar sent of rand gekos het nie.
Dié foto’s en blapse het jou wel iets gekos, maar die voordeel was jy het die foto fisiek in jou hand gehad en kon dit byvoorbeeld teen jou muur hang. Vandag se digitale foto’s word selde uitgedruk en bly gewoonlik net op die rekenaar om van tyd tot tyd vinnig deur te kyk.
En dan kan die ergste ook gebeur, jou rekenaar word sonder jou toestemming geannekseer – die HAT beskryf dit as steel. In daardie geval is dit hartverskeurend, want al daai goeie én slegte herinneringe wat jy soos goud bewaar het, is net skoonveld. Daar is geen manier om die foto’s weer te neem nie. Dis net weg.
Om deur foto’s en ou herinneringe te gaan, beteken nie jy leef in die verlede nie. Daardie tye het jou gevorm en jou gemaak wat jy vandag is. Jou kinders ook. So, knyp ’n tydjie af om deur jou foto’s te gaan, dit is verkwikkend vir die siel. Maak sommer ’n familieaand daarvan, dit sal pret wees . . . vir die ouers. Weet nie of jou tiener(s) gaan saamstem nie.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie