Die seën van familie
In my spaarkamer is daar drie A5-grootte swart-en-wit foto’s, in swart geraam, vertikaal onder mekaar gerangskik.
Twee daarvan is foto’s wat jare gelede deur my skoonsuster geneem is toe hulle in die Kaaimanseilande gewoon het.
Die boonste foto van die drie is een van haar foto’s en wys ’n Rastafariër wat op ’n stomp sit. Die man sit stoksielalleen op ’n groterige stuk dryfhout op die strand onder bome wat yl in die seesand groei.
Ek kan my net indink dat hy nie veel skaduwee onder die bome het daar waar hy sit nie. Hy sit met sy elmboë op sy bobene gestut en lyk of hy oor die lewe nadink.
Die tweede van haar foto’s hang onderaan die rangskikking en dit wys ’n seuntjie van ongeveer vyf of ses en ’n dogtertjie van omtrent drie of vier wat op ’n strand stap.
Die seuntjie en dogtertjie is in der waarheid ouboet en kleinsus wat hande vashou soos hulle op die sand stap. Hy het ’n stok om mee te stap en sy lyk asof die sand dreig om haar van balans te bring, maar sy hou goed by. My skoonsuster het die foto van haar eie twee kinders geneem, wat vandag twee pragtige jong volwassenes is. Nefies en niggies waaroor ons seuntjie elke keer baie bly is om saam mee te kuier al sien hy hulle selde.
Die derde foto is ’n paar groot ou gekreukelde hande, waarvan ’n mens die jare sommer kan voel en hulle hou twee piepklein babavoetjies vas. Hierdie foto is in 2020 deur Susan Nel geneem, die foto wys ons babaseuntjie se voete (vandag ’n oulike vyfjarige) in sy oupa se liefdevolle hande. Die drie foto’s is geraam en opgehang en, soos met baie dinge in my lewe eers ’n naam gegee toe ek die drie so saam gesien het. Persoonlik is ek nie veel van ’n kunskurator nie, alhoewel ek daarna streef, maar ek het gevoel die rangskikking van drie het wel een of ander tema uitgebeeld.
Ek het hulle drie rofweg genoem: “Dit gaan goed met jou wanneer jy familie het.”
’n Waarheid wat ons in ons huis die laaste paar jaar aan ons lywe gevoel het.
Familie kan regtig marakkas in ’n mens se lewe maak. Maar familie, as hulle regtig vir jou omgee, ondersteun jou ook wanneer dinge moeilik raak. Familie vergewe wanneer een die ander te na kom.
Familie vra om verskoning – want ons elkeen gedra ons nie altyd ewe voorbeeldig nie. Familie deel drukkies. Familie kyk uit waar hulle kan bydra of instaan en doen dit dan net eenvoudig.
Dis met daardie laaste een wat ek veral my familie mis wat ver weg woon. Dis moeiliker om te sien en dan net te doen as ’n mens ver weg van hulle af is. Mag elkeen wat hierdie lees ook die seën van spesiale familielede in hulle lewens ervaar.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie