Die donkie is ’n wonderlike ding
Ek sê maar net (30 jaar gelede)
In enigiets is daar iets moois.
Hierdie uitdrukking is ouer as tyd, maar waarskynlik die een wat die minste in mense se geheues vasgelê is. Dit kos gewoonlik iemand anders om jou te oortuig dat daar wel iets moois in die lelik is wat jy sien.
Soms weier jou brein weens die een of ander vooroordeel om iets moois te registreer, selfs al sien jy dit. Maar wanneer jy soms die lelik met die lelik vergelyk, is selfs die onwaarskynlikste mooi ding baie mooi, selfs beeldskoon.
Vat nou maar ’n donkie. Wanneer dit langs ’n perd, sebra of esel staan, is dit ’n valerige kreatuur en wanneer hy tussen mense staan, is dit vir hulle blykbaar net mooi as die klonte teen sy lyf vasslaan, terwyl hy hardkoppig weier om sy pote ’n millimeter te verskuif.
Wanneer jy drie dae en nagte deur die dorsste dele van die land ry en niks behalwe beeskarkasse sien nie en skielik staan ’n donkie om die draai in die middel van die pad, is die donkie die mooiste ding wat leef.
Tussen die kaalgevrete aarde en swartverbrande klippe lyk die donkie soos iets uit die een of ander Arabiese biljoenêr se stal. Dit is wanneer ’n mens besef dat daar eenvoudig nie iets soos ’n maer donkie bestaan nie.
Daar is net mooi donkies.
Die donkie is dan so mooi dat ’n mens skoon vergeet om die eienaar te vloek wat met sy losloper-donkie amper vir ’n ongeluk gesorg het.
Maar ’n donkie kan selfs beeldskoon wees.
Wat is nou mooier as ’n donkievul wat na sy ma toe aangehardloop kom en ’n paar bokspringe gee wanneer hy die reuk van haar spene kry?
Gewoonlik word onnoselheid met ’n donkie in verband gebring, maar wanneer jy deur sommige staatsamptenare bedien word, word die donkie nie net mooi nie, maar ook slim. In vergelyking met sommige doeane-amptenare word die donkie nie net slim nie, maar super-intelligent.
Nadat ek ’n keer of wat met van dié amptenare te doen gehad het, glo ek dat ’n donkie ook vir baie jare slimmer gaan bly.
By die lughawe moes ek eenkeer ’n pakkie sigarette oopmaak sodat die amptenaar kon sien of ek nie ’n TV-stel daarin versteek nie, terwyl my tas, wat in vergelyking met die sigaretpakkie ’n sitkamerstel kon bevat, sonder inspeksie deurgelaat is.
’n Ander keer moes ek ’n rybewys toon terwyl ek geglo het dat ’n vliegtuigkaartjie en paspoort dit oorbodig maak. Ek het gewonder of die man dink dat ek die vliegtuig gaan bestuur.
Moontlik is ’n donkie nog baie slimmer as wat ons dink. Moontlik is ’n donkie so slim dat hy doelbewus nie praat nie, aangesien hy bang is dat die staatsdiens of weermag hom ’n werk kan aanbied.
G’n wonder almal sing dat die donkie ’n wonderlike ding is nie. Mooi, slim en sterk. – 7 Augustus 1995
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie