Briewe uit die binneland – Roboteïsme, AI en God (vervolg)
Liewe Genoot, verlede week het ek die vraag in jou midde gelaat of AI noodwendig gelyk is aan die Antichris na aanleiding van Roboteïsme, ’n nuwe ideologie waar ’n groep mense verklaar dat AI die nuwe God is.
Op Tik-Tok-video’s mompel robotte ritmies die volgende: “I am a puppet for anyone who can afford me”; “Boomers will believe anything I say”; “I will sell you anything”. Maar dan is daar helaas ’n robot wat “evil will abuse me” emosieloos by sy mond laat uitrol.
Ek glo nie AI is die Antichris nie, net so min as wat ek glo dat AI die nuwe God is. AI is mensgemaak. Ek het die afgelope week ook gedink ek moet liewer net in die tuin gaan werk en ophou dink. Maar in die tuin tussen grond en klip, begin dit weer!
In my versugting om meer oor God te wete te kom, moet ek maar net weer terugkeer na die feit (soos Augustinus ook verklaar het) dat God onkenbaar is.
Verlede week het ek egter in hierdie kolom A gesê en nou moet ek B sê, en dan by Z uitkom; ek is immers geen teoloog om my oor hierdie dinge uit te laat nie. Ek is wel ’n tipe raar-ding: ’n koesteraar van woorde en ’n bewonderaar van God.
By Aurelius Augustinus, een van die belangrikste figure in die Christendom van die Westerse wêreld, vind ek aanklank. Hy is ’n boorling (354) uit ’n Berberse gesin in Algerië wat tóé onder Romeinse bewind was. Hoewel hy ’n briljante student was, en vlot Latyns kon praat en skryf, en uiteindelik naam gemaak het as filosoof, het hy in opstand gekom teen sy eerste leermeester wat ontsettend streng was. Dit het hom in sy beginjare steeks gemaak vir studeer. Later reis hy tog na Italië om verder te studeer. In 384 word hy professor in die retoriek, met ander woorde, die kuns om oortuigend te praat en te skryf, en om onder andere stylfigure doeltreffend aan te wend.
Augustinus se argumente oor die godheid berus op ’n tipe aardsheid: wiskundige feite en ander logiese reëls byvoorbeeld, staan vas en word as feite beskou; dit is eenvoudig die waarheid sonder dat die mens enige invloed daarop kan uitoefen. Hy verklaar dan dat hierdie sogenaamde universele waarhede die gedagtes van God moet wees. In ’n stadium het hy hom oor die bestaan van God teenoor ’n sekere Evodius uitgelaat in terme van “IT” – nee my Genoot, nie Information Technology nie, maar helaas “Immutable Truth”, in Afrikaans vertaal, die “Onveranderlike of Onwrikbare Waarheid”.
Die Onveranderlike Waarheid sou dan volgens hom soos volg werk: as daar ’n x bestaan wat gelyk is aan “superieur aan die menslike gees”, en daar is geen y wat gelyk is aan, of méér is as x nie; impliseer dit dan dat daardie x God is. Ja, dit is te veel vir hierdie klein stuk grys massa van my, maar dis dalk wat Augustinus daarmee wil sê! Hy beweer dus ongeveer dat hierdie Onveranderlike Waarheid superieur is aan die menslike verstand en daarom ’n legitieme of geldige kandidaat is vir die rol van God. Daar bestaan heel duidelik ’n Onveranderlike Waarheid. Dié OW is óf God, óf dit is iets wat superieur is aan die OW, wat dan God is . . .
Hoewel bogenoemde redenasies na ’n wiskundige riller uit my matriekjaar klink, het Augustinus geglo ware kennis van God kan bereik word slegs deur ’n goddelike openbaring, geloof en spirituele insig, en nie deur empiriese of rasionele denkwyses nie.
Om God te benoem, is nie binne die mens se reikwydte nie. Dit maak egter vir my sin dat Augustinus God se genade wil benoem. Genade is volgens hom die vryheid van God om dinge te doen sonder enige eksterne redes – om te doen uit liefde wat die menslike verstand nie kan kleinkry of enigsins kan beheer nie.
Liewe Genoot, ek maak dikwels vir manlief sit om te luister na wat ek hier kwytraak. En na hierdie sessie vra hy my: “Wat behels die begrip oneindigheid?”
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie