Briewe uit die binneland – Eendag was daar ’n lang tafel
Liewe Genoot
Laasnag het ek geworstel met ’n Windhoek Woordfees-projek. Ek moet die regte mense betrek wat oor die spesifieke vaardighede beskik om dinge te laat gebeur. Gelukkig het ek aan die slaap geraak en ongelukkig (?) begin droom: Ek ontwerp ’n langwerpige tipe brug tussen twee openinge waaroor mense kan loop. In my drome sien ek die kabels waaraan die struktuur hang. Ek droom ook dat ek half verleë terugstaan en daarna kyk. Toe word ek wakker.
En toe ek vandag daaroor wil skryf, besef ek hoe simbolies die droom was. Ek weet nog steeds nie hoe ek my lang tafel moet organiseer sodat Frik de Jager sy resepteboek kan bespreek terwyl hy self die kos uit sy eie kook-en-vertelboek maak nie.
Die brug het dalk die lang tafel verbeeld, maar oor die vuil skottelgoed het ek niks gedroom nie. En so ’n lang tafel moet op ’n groot genoeg plek staan waar daar ook ’n kombuis is vanwaar Frik met die aansitters kan gesels terwyl hy die kruie daar voor die gaste se oë by die bestanddele gooi.
Buite moet parkeerplek wees vir ten minste 60 voertuie. Dan moet daar feëtjies wees . . . Nee, in hierdie geval sal dit behoorlike fairies moet wees, want feëtjies is te lig-innie-broek om swaar vuil panne kombuis toe te vlieg en te sorg dat dit weer skoon is vir die volgende rondte demonstrasies.
En die belangrikste daarvan het eintlik min met kos en drome te doen. GELD. Want Frik moet hier kom saam met vier ander skrywers uit SA sodat ons Namibiërs die aand lekker aan die lang tafel saam met hulle en ons eie skrywers kan kuier.
Bliksem. Ek wonder hoe my drome hierdie tameletjie gaan hanteer!
Van geheime CIA-eksperimente tot visioene wat die loop van die geskiedenis beïnvloed het, het bewys dat ons drome meer as net verhale is en dat dit inspirasie in die hand werk wat dinge in die wakker wêreld laat gebeur.
Die ondersoek na drome en ’n verlange om dit te beheer is ’n praktyk so oud soos die berge. Vanaf die farao’s van Egipte tot by ons eie Boesman-sjamaans is daar al bewustelik geestelike reise onderneem na wêrelde van die onderbewussyn. Ook Josef het in ’n droom ’n goddelike boodskap ontvang om ’n fisiese reis na Egipte te onderneem om die Jesus-baba veilig te hou.
Vir duisende jare het wyshere uit verskillende kulture die fisiese liggaam (en die materiële) ondergeskik gestel aan die onsienlike wat die sogenaamde ware essensie verteenwoordig en gereken dat as die hindernisse van die fisiese sintuie verdwyn, ons bewussyn vrygemaak kan word om ander dimensies te verken.
Maar as ek wil bly soek na die waarheid, moet ek my ook oopstel vir die kennis van die “dominante” wetenskap. En dan resoneer die onsienlike dalk tog met die moderne fisika waar wetenskaplikes ’n ander dimensie, naamlik tyd, voorstel wat vergelykbaar is met ’n ruimtelike dimensie. Die opvatting suggereer dat verlede, hede en toekoms (dus TYD) naas mekaar bestaan in ’n verenigde kontinuum.
Soos ek dit verstaan – en liewe Genoot, gryp in as jy iets anders wil voorstel – gaan die holistiese universum-teorie daarvan uit dat ons heelal ’n driedimensionele projeksie is wat ontstaan uit ’n tweedimensionele oppervlak. Hiervolgens is die inligting van ons heelal gedekodeer in terme van ’n ander dimensie.
My vraag is nou: is dit wat mens in jou drome waarneem dalk ’n projeksie van hierdie inligting – in ’n vierde dimensie, naamlik tyd?
Sou hierdie benadering kon verklaar waarom ons, wanneer ons ons fisiese beperkinge in drome oorskry – soos die uwe wat ’n brug bou – ons toegang verkry tot ’n rykdom aan inligting en selfs toekomstige gebeure?
Liewe Genoot, as jy graag betrokke wil raak by my langtafel, laat weet my tog. Jou visioene is broodnodig.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie