Briewe uit die binneland – Brein, siel en hart (vervolg)
Liewe Genoot
Voordat ek aansluit by ons gesprek van verlede week toe ek dit gehad het oor dr. Michael Egnor, se ondervindinge as neurochirurg, wil ek jou vertel van die baanbrekerswerk van ’n ander neurochirurg in die 1900’s.
Dr. Wilder Penfield (geb. 1891) het gewerk op die gebied van die stimulering van senuweebane en die kartering van die brein. Hy het gespesialiseer in epilepsie en het ’n interessante ding opgemerk: Tydens epileptiese aanvalle gebeur een van vier dinge met die pasiënt: óf ’n onbeheerbare beweging (soos bv. ’n herhaalde geruk van ’n arm), óf ’n gevoel van prikkels op die vel, óf oorweldigende emosies (bv. gevoel van vrees, vreugde, ens.), óf aanhoudende terugkerende herinneringe/gedagtes.
Penfield vra homself toe af: Waarom is daar nie iets soos intellektuele aanvalle nie en wys daarop dat niemand nog ooit las gehad het van wiskunde-aanvalle waar jy byvoorbeeld onbeheersd ’n berekening herhaal nie?
Penfield het gereken dat as ’n aanval al die voorgenoemde fisiese dinge kan wakker maak, waarom word abstrakte denke, redenasies, denke oor God, ens. nie op hierdie manier opgeroep nie? Vir hom was die mees sinvolle verklaring dat dié aspek van die menslike gees nie deel van die brein uitmaak nie. Wanneer hy tydens operasies die brein as’t ware gekaart het terwyl die pasient “by” was om vas te stel waar verskillende funksies van die brein gesetel was, kon hy nêrens ’n plek vind vir abstrakte denke, en rede nie, hoewel daar ’n spesifieke plek in die brein gekaart is wat beweging, sensasie, geheue, ens. beheer.
Genoot, dit wil dus tog lyk asof die mens se siel los staan van die menslike liggaam met sy organe, die brein ingesluit.
Egnor was aan die begin van sy loopbaan ’n materialis en ateïs. Hy verklaar hy het deur die loop van sy jare as neurochirurg net eenvoudig te veel gesien en ervaar om soos vele van sy wetenskaplike tydgenote te kon sê dat die mens nie ’n spirituele siel het nie. Maar afgesien van sy ervaring as neurochirurg, vertel hy ook van die persoonlike pad wat hy geloop het. Ná sy jongste seun se geboorte, het hy spoedig opgemerk dat sy babatjie nie oogkontak met hom en sy mamma maak nie, nie glimlag nie, en sy ma en pa eintlik as lewelose items en nie as mense nie, ervaar. Egnor was bang sy kind is outisties. Vir hom was dit ’n vreesaanjaende gedagte dat sy kind nooit by hom en sy ma sou aanklank vind nie en dat hulle as’t ware vir hom soos meubelstukke sou wees. Op ses maande was daar nog geen verandering nie en die angswekkende gedagte dat sy seun hom nooit sou ken en sou liefhê nie, was oorweldigend. Hy self het vir konsultasie gegaan by een van sy kollegas. Na afloop van die afspraak het hy die kapel van die hospitaal besoek. Daar het hy tot God gebid en vir Hom gesê dat hy nie eens weet of Hy bestaan nie, maar as Hy bestaan, Hy asseblief hierdie seer van hom sal wegneem en sy kind sal gesond maak. Daarop hoor hy ’n stem – baie duidelik – wat sê: “But Michael, that is what you’re doing to me.”
Egnor vertel verder: “And then I collapsed. And I said ‘I won’t do it to you anymore, God; I won’t be autistic to you, but please make my son not autistic to me’.”
Oorweldig deur die ervaring het hy dadelik huis toe gegaan en sy seuntjie opgetel. Die mannetjie het hom vas in die oë gekyk en ’n groot glimlag het op die gesiggie uitgebreek. Vir die heel eerste keer.
Hy verduidelik verder dat daardie persoonlike gebeurtenis nie net sy ervaring as neurowetenskaplike aangevul het nie, maar hy het besef dat die mens veel meer is as net vleis en bloed. Dat die mens ’n siel het en oor ’n spirituele aspek beskik wat net eenvoudig nie weg te redeneer is nie. Egnor het geweet hy moet regmaak teenoor God. In The Immortal Mind: A Neurosurgeon’s Case for the Existence of the Soul (Michael Egnor en Denyse O’Leary, 2025) verduidelik hy onder andere hoekom hy glo dat materialisme en ateïsme verkeerd is.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie