Gee ‘veilig’ pad vir presidensiële konvooi
’n Botsing wat Sondag rakelings tussen die presidensiële konvooi en ander motoriste op die besige B2-hoofpad tussen Swakopmund en Arandis vermy is, het openbare kommer laat ontstaan oor die veiligheidsprosedures wat gevolg word.
Die konvooi was op pad terug na Windhoek nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah ’n Swapo-saamtrek aan die kus bygewoon het.
Volgens ’n motoris en ooggetuie wat sy ervaring op sosiale media gedeel het, het ’n verkeersvoertuig sigsag oor die pad beweeg om die aankomende vragmotors van die pad af te kry. Dit het verwarring en ’n kettingreaksie tussen twee vragmotors veroorsaak waarvan een ’n brandstoftenkwa was.
“Ons is gelukkig nie getref nie, maar het van die pad af gegaan en is amper deur die vragmotor getref wat van agter teen die ander vragmotor vasgery het,” het die motoris geskryf.
“Niemand het eens gestop nie. Die regeringskonvooi het net teen ’n hoë spoed verbygery en nie ’n enkele voertuig het gestop of omgedraai nie.”
Die Namibiese polisie se bevelvoerder in die Erongostreek, komm. Nikolaus Kupembona, het beklemtoon dat die begeleiers van baie belangrike persone (VIP’s) spesifieke sekuriteitsprosedures volg.
“Die veër (sweeper) is altyd ver voor die hoofmotorkonvooi. Die doel daarvan is om enige bestuurder wat die konvooi nader, te waarsku,” het Kupembona verduidelik.
“Daar is gewoonlik meer as een voertuig voor die hoofkonvooi wat motoriste genoeg tyd gee om stadiger te ry of veilig van die pad af te trek.”
Kupembona sê motoriste is wetlik verplig om voorrang te gee aan konvooie wat die president, visepresident of eerste minister vervoer.
“Vir hierdie spesifieke VIP’s moet julle van die pad aftrek – maar slegs as dit veilig is om dit te doen. Indien nie, ry stadiger of stop met jou gevaarligte aan. Die belangrikste ding is veiligheid,” het hy gesê.
Hy het egter gewaarsku dat sommige ongelukke voortspruit uit bestuurders wat nie behoorlike volgafstande handhaaf nie, of te skielik moet reageer.
“Defensiewe bestuur is belangrik. Handhaaf ’n veilige volgafstand sodat as enigiets gebeur, jy veilig kan stop sonder om die voertuig voor jou te tref,” het hy gesê.
Kupembona het ook verduidelik dat polisievoertuie wat deel van die konvooi is, nie by ’n ongelukstoneel hoef te stop nie.
“Hulle het ander pligte om te vervul. Maar as ’n ongeluk plaasvind, sal ander beamptes wat in daardie jurisdiksie gestasioneer is, soos in enige ander voorval reageer,” het hy gesê.
In 2009 het ’n ongeluk op die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund plaasgevind waar die presidensiële konvooi en ’n siviele burger by betrokke was.
Die voertuig wat die pad vir die presidensiële motorkonvooi “skoongemaak” het, het teen ’n siviele voertuig met drie insittendes gebots. Die veërvoertuig het vir ’n Mercedes-Benz aangedui om van die pad af te trek sodat die vinnig bewegende presidensiële motorkonvooi kon verbybeweeg. Die twee voertuie het gebots en albei het deur ’n versperring gebars en twee meter ver na die strand naby Vierkantklip geval voordat hulle op die hoogwatermerk tot stilstand gekom het. Die insittendes het ligte beserings opgedoen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie