’n Riller elke dag
The Movie Guy: Resensie
Die Halloween-seisoen het amptelik begin, en soos hulle sê: ’n Gruwelfliek ’n dag laat die slegte tye wag.
Vanjaar was wonderlik vir gruwelfilms, so daar is heelwat flieks wat jy kan kyk om jou op hierdie Halloween-aand te vermaak. Ek was nooit die grootste aanhanger van bangmaakflieks nie, maar vanjaar het ek ’n liefde daarvoor ontwikkel. Daar is sommige wat selfs my top-10-lys van 2025 haal.
Die beste deel van moderne gruwelfilms is dat hulle meestal oorspronklike stories het, en juis daarom is die storie gewoonlik tien keer beter as wat jy verwag. Die flieks fokus nie net op die skrikeffek nie, maar ook op die storie en dit is nog ’n rede waarom ek van hierdie genre begin hou het.
Halloween val vanjaar op ’n Vrydag, so jy kan waarskynlik ’n paar flieks agtermekaar kyk. Ek weet dis wat ek sal doen.
Hier is die ses gruwelfilms van 2025 wat ek dink almal moet kyk.
WEAPONS
Ek het die lokprent vir dié fliek gekyk en was effens onseker oor wat om te dink; eintlik het dit my bang gemaak. Anders as die meeste flieks, het ek dit nie op die openingsnaweek gaan kyk nie. Toe ek dit uiteindelik kyk, het dit dadelik een van my gunstelingflieks geword. ’n Boeiende storie wat nie wegskram van gruwel of humor nie. Die fliek behoort beslis bo-aan jou kyklys te wees.
FINAL DESTINATION: BLOODLINES
Dit is my gunsteling-gruwelreeks. Ek is van kleins af mal daaroor en hierdie een is waarskynlik die beste tot dusver. Hulle het nie teruggedeins van die fliek se absurde uitgangspunt nie. Die openingstoneel alleen is dalk een van die beste van al die flieks vanjaar. Ek is só lief daarvoor dat ek selfs die plakkaat teen my slaapkamer se muur geplak het.
THE MONKEY
Ek weet dis ’n Stephen King-storie wat lank voor Final Destination uitgekom het, maar dis asof dit dieselfde voel. Dis baie snaakser, sou ek sê, maar nêrens naastenby so goed nie. Dis net een van daardie komedie-gruwelfilms wat bloot vir vermaak bestaan en dis perfek vir Halloween.
THE CONJURING: LAST RITES
Dit is die een fliek op die lys wat ek nog nie gekyk het nie, maar voordat iemand iets sê, ek het nog nooit ’n Conjuring-fliek gekyk nie. Die rede waarom dit op my lys is, is omdat my vriende dit aanbeveel het. Hulle was almal gek daaroor, so ek neem aan almal anders sal dit ook geniet. Miskien kyk ek die hele Conjuring-reeks vir my Halloween-fliekaand.
SINNERS
Glo dit of nie, ek dink nog steeds dit is die beste fliek van die jaar. Dis iets wat ek oor en oor kan kyk, en dit is die perfekte Halloween-fliek. Wat hierdie fliek spesiaal maak, is dat dit ook die perfekte klankbaan het. Die fliek word gekenmerk deur uitstekende vertolkings, ’n wonderlike storie, asemrowende regie deur Ryan Coogler en genoeg skrikoomblikke om jou die hele nag wakker te hou (net ’n grappie!).
K-POP DEMON HUNTERS
Hierdie een is vir ’n gesins-Halloween-aand. Die musiek sit steeds in my kop vas, en ek kla glad nie daaroor nie. Dis ’n pragtig animasiefliek wat onvergeetlik is. Dis juis om hierdie rede dat ek ses flieks aanbeveel in plaas van net vyf.
Ek hoop jy geniet hierdie ongelooflike flieks op Halloween.
– [email protected] Barry de Klerk Barry de Klerk Die Halloween-seisoen het amptelik begin, en soos hulle sê: ’n Gruwelfliek ’n dag laat die slegte tye wag.

– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie