Elizabeth Shikongeni is Namibië se sjef van die jaar. Foto Iréne-Mari van der Walt

‘Moenie Namibiese geregte onderskat’

Iréne-Mari van der Walt
Nadat sjef Elizabeth Shikongeni die afgelope naweek as Namibië se sjef van die jaar aangewys is, het sy ­vandeesweek in ’n onderhoud op die geselsprogram, Kletskompas, gesê dat neerhalende sienings oor Namibiese geregte na haar mening ­onregverdig is.

“Ek dink ons moet Namibiese geregte meer bevorder, want ek dink baie mense verkies Westerse geregte eerder as ons inheemse disse, wat nie reg is nie, want ons kos is ook baie lekker. Die Westerse geregte wat ons eet is ook daardie mense se ­inheemse disse,” het sy gesê.

Oor haar gunsteling- Namibiese ­kossoort het sy gesê: “Ek is mal oor vleis. Ek is ’n Herero-meisie, so ek is mal oor vleis, so definitief kapana.”

Elizabeth verduidelik sy het vanjaar skouer aan die wiel gesit en hard vir die sjef van die jaar-kompetisie voorberei.

“Ek het dit ook verlede jaar gedoen en ’n bronssertifikaat gewen. Vanjaar was daar soveel kompetisie. Almal se geregte was so goed voorberei en almal het baie goed gevaar. Ek het nie verwag om te wen nie.

“Verlede jaar was ek so ontspanne, want ek het pas goud by ’n ander kompetisie gewen – so ek was baie rustig. En ons dosent het ons vooraf gehelp, so ek het sy raad gevolg. Vanjaar het ek egter my eie idees by die geregte gevoeg,” het sy gesê.

Vir die kompetisie moes sy ’n ­vegetariese gereg met pasteideeg as voorgereg voorberei. Deelnemers kon filodeeg, blaardeeg of ­broskorsdeeg gebruik.

“Ek het besluit om broskorsdeeg te gebruik, maar dit was ­gedekonstrueer, so dit was nie ’n gewone quiche nie,” verduidelik sy.

Vir die hoofgereg moes ­deelnemers salm voorsit en vir nagereg, ’n ­sjokoladenagereg.

Alles het egter nie volgens plan in Elizabeth se kombuis verloop nie.

“Jy moes die vel van die salm gebruik, so vir my hoofgereg het ek die vel verwyder en dit gebraai, maar ek het vergeet om dit op die bord te sit en dit sou die ster van die gereg gewees het!”

Elizabeth sê dat sy in die toekoms hoop om as sjef in Frankryk of Asië te werk.– [email protected] Nadat sjef Elizabeth Shikongeni die afgelope naweek as Namibië se sjef van die jaar aangewys is, het sy ­vandeesweek in ’n onderhoud op die geselsprogram, Kletskompas, gesê dat neerhalende sienings oor Namibiese geregte na haar mening ­onregverdig is.

“Ek dink ons moet Namibiese geregte meer bevorder, want ek dink baie mense verkies Westerse geregte eerder as ons inheemse disse, wat nie reg is nie, want ons kos is ook baie lekker. Die Westerse geregte wat ons eet is ook daardie mense se ­inheemse disse,” het sy gesê.

Oor haar gunsteling- Namibiese ­kossoort het sy gesê: “Ek is mal oor vleis. Ek is ’n Herero-meisie, so ek is mal oor vleis, so definitief kapana.”

Elizabeth verduidelik sy het vanjaar skouer aan die wiel gesit en hard vir die sjef van die jaar-kompetisie voorberei.

“Ek het dit ook verlede jaar gedoen en ’n bronssertifikaat gewen. Vanjaar was daar soveel kompetisie. Almal se geregte was so goed voorberei en almal het baie goed gevaar. Ek het nie verwag om te wen nie.

“Verlede jaar was ek so ontspanne, want ek het pas goud by ’n ander kompetisie gewen – so ek was baie rustig. En ons dosent het ons vooraf gehelp, so ek het sy raad gevolg. Vanjaar het ek egter my eie idees by die geregte gevoeg,” het sy gesê.

Vir die kompetisie moes sy ’n ­vegetariese gereg met pasteideeg as voorgereg voorberei. Deelnemers kon filodeeg, blaardeeg of ­broskorsdeeg gebruik.

“Ek het besluit om broskorsdeeg te gebruik, maar dit was ­gedekonstrueer, so dit was nie ’n gewone quiche nie,” verduidelik sy.

Vir die hoofgereg moes ­deelnemers salm voorsit en vir nagereg, ’n ­sjokoladenagereg.

Alles het egter nie volgens plan in Elizabeth se kombuis verloop nie.

“Jy moes die vel van die salm gebruik, so vir my hoofgereg het ek die vel verwyder en dit gebraai, maar ek het vergeet om dit op die bord te sit en dit sou die ster van die gereg gewees het!”

Elizabeth sê dat sy in die toekoms hoop om as sjef in Frankryk of Asië te werk.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-10-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer