La Niña beloof ’n nat somer
’n Nat somerseisoen wink vir Namibië met die Namibiese Meterologiese Dienste (NMS) wat bogemiddelde reënval oor die land van November 2025 tot Januarie 2026 voorspel.
Dit is volgens hul Climate Watch-bulletin vir September.
Die belowende vooruitsigte word gedryf deur La Niña-toestande wat vroeg in Oktober ontwikkel het en na verwagting tot vroeg in 2026 sal voortduur. Hierdie klimaatpatroon bring tipies verhoogde reënval na Namibië, wat hoop bied vir die landbousektor en waterhulpbronbestuur gedurende die kritieke groeiseisoen.
Die noordelike en oostelike streke sal ná verwagting die meeste baat vind by die voorspelling: “Omusati, Ohangwena, Oshana, Kavango-Wes en -Oos, Zambezi, Otjozondjupa en Omaheke sal volgens die voorspelling na verwagting meer as 200 mm reënval gedurende die driemaandetydperk ontvang.
Die res van die binneland kan minder as 200 mm verwag, hoewel steeds bogemiddelde vlakke vir die seisoen, lui die verslag wat gister uitgereik is.
SEPTEMBER SE REKORDREëN
Die optimistiese voorspelling volg op ’n ongewone September wat reënvalsyfers gesien het wat rekords oortref het. Aroab in die ||Kharasstreek het geskiedenis gemaak met 83,6 mm wat binne 24 uur geval het, volgens NMS.
“Dit is byna die helfte van sy jaarlikse reënval en ’n nuwe Septemberrekord in 112 jaar se meteorologiese data. Hierdie buitengewone gebeurtenis dui op die atipiese weerpatrone wat reeds in 2025 ontstaan het.”
Noordelike streke het ook onverwagte buie in September aangeteken. Bukalo in Zambezi het 25,5 mm ontvang, terwyl die Ohangwena-omgewing 22,5 mm aangeteken het, “merkwaardige hoë hoeveelhede vir wat tipies ’n droë maand is”. Die suidelike streke, oostelike Zambezi en gebiede rondom Korridor 13 en Omungwelume het almal bogemiddelde reënval gedurende September gehad.
TEMPERATURE
September se temperature het opwarming weerspieël, met die grootste gedeelte van die land wat op die langtermyn gemiddeld 1,5°C tot 3°C warmer was. Gemiddelde temperature het gewissel tussen 21°C en 28°C oor die meeste streke, terwyl die westelike en suidelike kusgebiede koeler gebly het teen 14°C tot 20°C.
NMS het in die verslag beklemtoon dat hoewel die seisoenale voorspelling waardevolle leiding vir beplanning bied, plaaslike variasies in Namibië se diverse klimaatsones verwag moet word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie