DJ Rise, Roberto dié naweek in aksie
“Ons doen nie die gewone nie. Ons sal nooit die gewone doen nie, Namibië. Ons hou daarvan om ongemaklike dinge te doen wat mense bietjie laat ineenkrimp, maar terselfdertyd sal hulle besef hierdie persoon is iets wat hulle nog nooit van tevore gesien het nie,” sê Roberto Meneguzzo, ook bekend as Roberto, wat vanaand en môreaand by Craft Café Bellissima in Windhoek saam met Lize (DJ Rise) Ehlers optree.
“Die genre vir die naweek is disko en natuurlik is ek so trots op Roberto, want Roberto is besig met ’n nuwe Namibiese genre genaamd NamTech – dis soos Namibiese techno, met ’n Afrika-gevoel natuurlik,” het Lize op Network Media Hub (NMH) se Afrikaanse geselsprogram Kletskompas gesê.
Roberto deel oor sy ervaring as ’n ontluikende kunstenaar: “Ek het nie geweet dit gaan so moeilik wees nie. As ek nie hierdie ondersteuningstelsel [in Ehlers] gehad het nie, sou dit baie moeiliker vir my gewees het om dinge gedoen te kry. Ek het hierdie reis saam met Lize aangepak en ek het myself nuuskierig gehou en ek het gesê ek wil weet wat hier aangaan.”
Lize sê die verwagtinge van kunstenaars het in die afgelope jare geweldig verander.
“Dit het verander sedert Covid-19 alles verander het. Die ontluikende kunstenaars het ’n ander soort omgewing om in te werk.
“Op my dag het ek gesing en mense het geweet ek is ’n sanger. Nou kan ek nie net ’n sanger wees wat mooi sing nie.
“Ek moet nou my klere bemark, ek moet nou kos maak, ek moet nou enigiets wat kreatiwiteit bewys daar buite sit sodat mense nie net my musiek kan volg nie, want jy kan nie in vandag se tyd ’n eensydige kunstenaar wees nie.”
Dié duo is vanaand en môre van 19:00 tot 22:00 by Craft Café Bellissima te sien.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie