Stophorlosie begin vir gratis tersiêre onderwys
Ministerie fokus op kosteverdeling, regverdigheid en gelykheid
Die president van die Namibië Nasionale Studenteorganisasie het gemaan regulatoriese liggame soos die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys moet 'n sterker rol speel om die uitbuiting van studente te voorkom.
Na aanleiding van die regering se aankondiging dat tersiêre onderwys vanaf die 2026-akademiese jaar ten volle gesubsidieer sal word, sê Sanet Steenkamp, die minister van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur, daar is net een jaar om nuwe finansieringsmodelle te ontwikkel deur bestaande raamwerke en beleide te hersien. Sleutelfokusareas sal kosteverdeling, regverdigheid en gelykheid insluit.
Steenkamp het Saterdag aan Network Media Hub (NMH) gesê volledige kosteberekening en beplanning sal eers gefinaliseer word ná uitgebreide konsultasies met openbare universiteite, tegniese en beroepsgerigte onderwys en opleiding
(TVET)-kolleges en tegniese en beroepsinstellings.
“Die president [Netumbo Nandi-Ndaitwah] het dit baie duidelik gemaak dat dit ’n ingefaseerde benadering sal wees.
“Ons moet die markbasis vir inskrywings bepaal: die gemiddelde inskrywingsyfers, gemiddelde onderrigkoste oor verskillende programme, en die beraamde innames in prioriteitsvelde. Op grond hiervan sal ons verder met die kabinet in gesprek tree,” het sy gesê.
“Ons het ’n volle jaar wat voorlê. Ons moet noukeurig beplan en bepaal hoe om die ingefaseerde benadering die doeltreffendste te implementeer, afhangend natuurlik van die beskikbaarheid van die toegekende begroting.”
Steenkamp het bygevoeg ingevolge Swapo se implementeringsplan in sy verkiesingsmanifes, moet die regering ook ’n finansieringsmodel vir private kolleges ontwikkel – ’n nuwe area wat nou aandag verg.
“Hoewel die finansieringsmodel vir private instellings nog ondersoek moet word, is daar reeds in die manifes voorsiening daarvoor gemaak,” het sy opgemerk.
NUST
Intussen het die waarnemende direkteur van die departement van korporatiewe betrokkenheid en internasionalisering by die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust), Nashilongo Gervasius, die regering se stap verwelkom.
“As ’n instelling wat diep gewortel is in die ontwikkeling van vaardighede, vernuwing en navorsing, verwelkom ons hierdie beleidsrigting en die transformerende moontlikhede wat dit vir die onderwyssektor en die nasie inhou.
“Dit het verreikende implikasies vir die ontwikkeling van mensekapitaal, die gereedheid van die arbeidsmag en nasionale vooruitgang,” het Gervasius gesê.
“Ons is gereed om verder betrokke te raak soos meer besonderhede na vore tree en herbevestig ons verbintenis om saam met die regering, rolspelers en die breër akademiese gemeenskap saam te werk,” het hy bygevoeg.
NSFAF SE HERINTEGRASIE OP DREEF
Oor die herintegrasie van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) in die onderwysministerie, het Steenkamp gesê die regering werk nou saam met NSFAF se raad – wie se termyn in Augustus eindig – om volle integrasie teen Oktober 2025 te verseker.
“Daar is ’n herintegrasie-padkaart in plek. Ons vergader nou elke Woensdag om aan herstruktureringskwessies te werk, insluitend pakkette en vergoeding. Ons verwag om die integrasie teen Oktober 2025 te voltooi,” het sy gesê.
Toe sy gevra is oor die potensiële impak op onderwysgehalte, het Steenkamp beklemtoon dat die regering verbind is tot uitnemendheid.
“Ons het die tegniese kundigheid en gevestigde stelsels. Om die meeste, indien nie alle, NSFAF-personeel te behou, sou ideaal wees. Ons werk ook nou saam met die ministerie van finansies om die beskikbaarheid van finansiering doeltreffend te takel om te verseker dat niemand benadeel word nie,” het sy gesê.
Steenkamp het beklemtoon die proses sal deurlopende konsultasies behels, nie net met openbare universiteite en TVET-kolleges nie, maar ook met private instellings soos wat die nuwe finansieringsmodel vorm aanneem.
REGULATORIESE LIGGAME
Die president van die Namibië Nasionale Studenteorganisasie, Dorthea Nangolo, het gewaarsku dat regulatoriese liggame soos die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys (NCHE) ’n sterker rol moet speel om die uitbuiting van studente te voorkom.
“Private instellings moet nie toegelaat word om studente uit te buit te midde van die toenemende vraag nie.
“Daar is ’n wesenlike risiko dat, indien studente nie in staat is om plasings by openbare instellings te kry nie, private kolleges die gaping kan monopoliseer en fooie kan opblaas,” het sy gewaarsku.
“Ons doen ’n beroep op die NCHE om sterk regulatoriese meganismes in plek te stel en sy pogings te versterk om die gehalte van hoër onderwys te handhaaf – ’n statutêre verpligting,” het Nangolo gesê.
Sy het verder die noodsaaklikheid beklemtoon dat instellings se programme in lyn moet wees met die behoeftes van die arbeidsmark.
“Ons kan nie bekostig om werklose gegradueerdes op te lewer nie. As die Universiteit van Namibië byvoorbeeld beplan om regstudente toe te laat, moet hy in ag neem dat die mark oor vier jaar dalk net sowat 207 nuwe prokureurs benodig. Hierdie werklikheide moet toelatingsbeplanning rig,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie