Inligting oor gratis tersiêre onderwys steeds vaag
Taakmag ontvang ‘leiding, instruksies’ van president
Die ministerie van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur vra dat die publiek geduldig bly terwyl die plan vir gratis tersiêre onderwys gefinaliseer word.
Die ministerie se uitvoerende direkteur en die voorsitter van die taakmag vir gratis tersiêre onderwys, Gerhard Vries, sê die taakmag het sy besprekings afgesluit en ’n verslag saamgestel, maar die verslag is deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah terugverwys.
“Die konsepverslag is aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah voorgelê, waarna die taakmag verdere leiding en instruksies ontvang het. Hierdie is geïmplementeer en die verslag is gefinaliseer,” het hy in ’n mediaverklaring gesê.
Volgens Vries is die verslag saamgestel met die insette van belanghebbendes in tersiêre onderwys tydens “uitgebreide beraadslagings en konsultasies”.
“Die belanghebbendes wat geraadpleeg is, het ingesluit, maar was nie beperk tot, openbare en private tersiêre onderwysinstellings, studente-unies, werkersunies, banke, die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme en Unesco [die Verenigde Nasies se Wetenskaplike en Kulturele Organisasie].
“Die doel van hierdie betrokkenheid was om inklusiwiteit te verseker in die opstel van ’n strategiese verslag wat volhoubare finansieringsoplossings identifiseer terwyl verseker word dat klas- en registrasiegeld nie ’n struikelblok vir tersiêre onderwys bly nie,” het hy gesê.
Die ministerie het glo op ’n gesubsidieerde benadering besluit omdat dit, volgens Vries, meer volhoubaar is.
“Hierdie benadering word as meer gepas en volhoubaar beskou, wat verseker dat alle verdienstelike Namibiërs toegang tot tersiêre onderwys sal hê sonder om van geleenthede ontneem te word as gevolg van registrasie- en klasgeld.”
Vries sê die volgende stap is om die verslag weer aan die president en dan aan die kabinet voor te lê.
“Sodra die kabinet se goedkeuring en rigting ontvang is, sal die ministerie ’n mediakonferensie hou om die publiek te lei en in te lig oor die implementeringstrategie en die stappe vorentoe,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie