Hollard Interhoër 2025: Tradisie, trots en talent
Die 2025 Hollard Interhoër tussen Windhoek Gimnasium en Windhoek Hoërskool (WHS) is in volle swang! Die kultuuraande is reeds agter die rug, met WHS wat as wenners uit die stryd getree het. Krieket, tafeltennis, boogskiet en nog vele meer het deur die week plaasgevind. Wat almal regtig na uitsien is die “Big Brag” vanoggend, asook die driekamp met ’n kinkel, sokker en hokkie. Vandeesweek se aksie eindig môre met netbal en die botsing tussen die Samsung WHS Koedoebulle en die Gimnasium King Price Leeus in die rugbyeindstryd!
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie