No Image Caption

Heelwat minder leerlinge in hoërskole as in laerskole

Iréne-Mari van der Walt
Ongeveer 27% van alle leerlinge is vanjaar in hoërskool vergeleke met 72% van Namibië se leerlinge wat laerskool bywoon.

Graad 1-leerlinge (12% van alle leerlinge) is vanjaar twee keer soveel as leerlinge in graad 11 en 12 (6%).

Dít volgens die 15de Skooldagverslag van 2025 wat deur die ministerie van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur uitgereik is.

Dié jaarlikse opname, wat elke jaar op die vyftiende skooldag uitgevoer word, teken die aantal leerlinge, onderwysers en skole in die land aan.

Die Ohangwenastreek het die meeste leerlinge met 130 491 (14% van die totaal). Die Kavango-Oosstreek het die meeste leerlinge per onderwyser met ’n verhouding van 1:32. Khomas blyk die volste skole te hê met ’n gemiddeld van 774 leerlinge per skool.

Vier-en-twintig skole landswyd het gemiddeld meer as 50 leerlinge per onderwyser, terwyl 19 skole vyf leerlinge of minder per onderwyser het.

Altesaam 187 skole het 50 of minder leerlinge – wat as onekonomies beskou word – en 84 skole met meer as 1 300 leerlinge – wat kan aandui dat hierdie skole oorvol is. Hieruit het 42 skole meer as 1 500 leerlinge.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer