Zimbabwe begin stem
Zimbabwiërs het vanoggend begin stem in dié land se eerste verkiesing, nadat oudpres. Robert Mugabe in November in ’n militêre operasie uit die kussings gelig is.
Al is daar 22 kandidate, is dit ’n tweestryd tussen pres. Emmerson Mnangagwa, ’n Mugabe-bondgenoot, en Nelson Chamisa (40) van die MDC, wat hom beywer om Zimbabwe se jongste staatshoof te wees.
In ’n verrassende verwikkeling het Mugabe Sondag teen sy bondgenoot gedraai en gesê dat hy vir die opposisie sal stem.
Mnangagwa het op sy beurt sy voormalige baas daarvan beskuldig dat hy ’n ooreenkoms met Chamisa bereik het, hoewel hy geen bewyse verskaf het nie.
“Die keuse is duidelik, jy stem vir Mugabe onder die dekmantel van Chamisa, of jy stem vir ’n nuwe Zimbabwe onder my leierskap en die van ZANU-PF,” sê Mnangagwa in ’n video op sy amptelike Facebook-bladsy.
Berigte van intimidasie en die staatsmedia wat bevooroordeeld is teenoor die ZANU-PF, het reeds kop uitgesteek maar daar is konsensus dat die stemproses reeds veel beter is as voorheen. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie