Zim-president besoek Namibiu00eb
Zim-president besoek Namibiu00eb

Zim-president besoek Namibië

Namibië en Zimbabwe moet ou én nuwe ooreenkomste deeglik toepas, sê beide se leiers.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die president van Zimbabwe mnr. Emmerson Mnangagwa, is in Namibië en vlieg vandag na Walvisbaai om sy land se droë hawe daar amptelik te open.

Hy het gister by Staatshuis­ in Windhoek besoek afgelê waar president Hage Geingob hom hartlik verwelkom het. Beide staatsleiers het hulself opnuut tot verbeterde samewerking tussen die twee lande verbind.

Geingob het klem op die historiese verbintenis tussen Swapo en die Zanu-PF gedurende die onafhanklikheidstrewe geplaas. “Ons sterk bande van vriendskap is geanker in die gesamentlike geskiedenis, wedersydse respek en Afrika-solidariteit,” het Geingob gesê.

Volgens hom strek die samewerkingsverhouding sedert Namibië se onafhanklikwording. Dit is in 1922 geformaliseer toe die gesamentlike kommissie vir samewerking ingestel is. Met dié stigting is verskeie ooreenkomste ook onderteken. Vordering met die toepassing hiervan het egter gesloer.

Gister is ses nuwe ooreenkomste tussen die twee lande onderteken, en 'n tweelingooreenkoms tussen die Kavango-Oosstreek en Zimbabwe se Mashonaland-Wesstreek is aangegaan. Die nuwe ooreenkomste is deel van die poging om meer bates vir beide lande te lewer. Toplui van beide regerings het vroeër die week reeds begin onderhandel. Gisteroggend is die geleentheid by Staatshuis benut om meer besonderhede te finaliseer.

Zimbabwiese hoëlui het onder andere ingesluit­ dié van die ministerie van vroue-aangeleenthede en kleinsake, vervoer en ontwikkeling, buitelandse sake, nywerheid en handel, die Zimbabwiese inkomsteowerheid en die president se kantoor.

Namibië is onder meer verteenwoordig deur ministers en adjunkministers van inligting en kommunikasietegnologie, visserye en mariene hulpbronne, finansies, hoër onderwys, ekonomiese beplanning en nywerheid.

Namibië baat reeds uit ondersteuning van Zimbabwe, spesifiek in terme van menslike hulpbronne, het Geingob gesê. Hy het sy eweknie ook bedank vir samewerking in die skep van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringspark.

Samewerking tussen die lande het ook die koerant Southern Times die lig laat sien. Geingob het gesê hy sien uit na die uitbreiding van die publikasie in Suider-­Afrika.

Op die gesondheidsfront werk die twee lande saam om vigs, tuberkulose en malaria te beveg.

Ander belangrike kwessies wat saam getakel moet word, sluit in armoede, onderontwikkeling en kragtoevoer. Volgens Geingob sal die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) 'n kragkrisis in die gesig staar as daar nie vinnig ingegryp word nie. NamPower onderhandel wel reeds met sy Zimbabwiese eweknie.

Die belangrikste kwessie is om meer handel tussen die twee lande aan te moedig. Mnangagwa het met Geingob saamgestem dat daar groot potensiaal vir meer samewerking tussen die lande is. Albei presidente het daarop aangedring dat die jongste ooreenkomste spoedig en deeglik toegepas word.



KWESSIES

Die nuwe ooreenkomste sluit in die opstel van 'n handels- en ekonomiese komitee, 'n ooreenkoms om kleinondernemings te bevorder, samewerking met betrekking tot die media en uitsaaidienste, asook wetenskap- en tegnologiese ontwikkeling. Verder het Namibië met Zimbabwe ooreengekom dat die finansministerie en Zimbabwe se inkomsteowerheid sal saamwerk om doeane- en aksynsprosedure te vergemaklik en die bilaterale handelsooreenkoms toe te pas.

“Handelsvolumes en ekonomiese samewerking moet vergroot,” het Mnangagwa gesê.

Volgens hom bied Zimbabwe geleenthede in landbou, mynbou, gesondheid en infrastruktuurontwikkeling aan Namibiese beleggers. “Ons moet die 'Belt and Road'- inisiatief (van China) benut om die spoornetwerk te ontwikkel.” Hy het ook die vestiging van die Afrika-vryehandelsgebied geprys.

“Ons is besig met 'n wetlike hervormings­agenda in Zimbabwe om wetgewing met ons nuwe grondwet te laat strook en 'n beter beleggingsklimaat te skep. Ons wil teen 2030 'n middelinkomsteland wees,” het hy gesê.

Namibië se adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-­Ndaitwah, het oor die beplande samewerking uitgewei.

Sy het onder meer die invoer van Zimbabwe se groente en vrugte vir Namibiese vroue om te verkoop as voorbeeld gebruik, asook die uitvoer van beesvleis en boerbokke na Zimbabwe.

Om dit te kan doen, moet die Wêreld- Handelsorganisasie (WTO) voor einde Oktober hiervan ingelig word. Ondersoek sal gedoen word na dubbele belasting van ondernemings wat in albei lande sake doen, en struikelblokke in handel en beleggings sal uitgewys word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026