Zim beklink T20-reeks
Krieket
Andrew Poolman - Zimbabwe se vrouekrieketspan, met 'n voorsprong van 3-0 ná die eerste drie wedstryde voor gister se rusdag, is daarop uit om vandag en môre skoonskip te maak in die reeks teen Namibië wat op Walvisbaai beslis word.
Die toerspan het Maandag by die Sparta-veld eerste gekolf en 136 vir agt in sy 20 boulbeurte versamel. Dit het die eerste vyftigtal van die reeks ingesluit, naamlik Mary-Anne Musonda se 60 lopies van 49 balle, waarin sy nege grenshoue geslaan het.
Musonda het op 42/2 ingestap ná die vertrek van die aanvangspaar. Namibië se regterarm mediumbouler Arrasta Diergaardt het die eerste deurbraak gemaak deur Ashley Ndiraya (5) been-voor-paaltjie te betrap, voordat Modester Mupachikwa ná 'n vloeiende 22 van 21 balle (3x4) uitgehardloop is.
Kolwer nommer 3 Chipo Tiripano (23 van 23 balle) het vir Musonda geselskap gehou en het ook die eerste ses van die reeks geslaan.
Aan die boulerskant het Kayleen Green (1/27 in 4 boulbeurte) vir Sharne Mayers (1) laat uitvang en ook vir Anesu Mushangwe (2) uitgehardloop.
Drie boulers (Namusha Shiomwenyo, Suné Wittmann en Didi Foerster) het tussen hulle ses boulbeurte afgestuur wat elk vir gemiddeld nege lopies of meer gestraf is.
Die mees ekonomiese boulers was Arrasta Diergaardt (3-0-12-1), Wilka Mwatile (1-0-3-0) en Sylvia Shihepo (3-0-17-1).
In hul kolfbeurt is die Namibiërs uit die staanspoor in die moeilikheid gedompel. Kaptein Yasmeen Khan is eerste uit vir 'n nulletjie en hul staatmaker sover in die reeks, Adri van der Merwe, is uitgehardloop vir 9 lopies van 12 balle.
Roché Venter het twee grenshoue geslaan voordat haar paaltjies raakgeboul is (15 van 16 balle), terwyl Kayleen Green (3 van 12 balle) gesukkel het om aan die gang te kom totdat sy ook uitgehardloop is.
Arrasta Diergaardt se 21 van 27 balle (3x4) was die hoogste van die kolfbeurt en Suné Wittmann het 10 van 21 balle aangeteken, maar die Namibiese kolfbeurt het op 79/9 ten einde geloop, vir 'n nederlaag met 57 lopies.
Spel op die laaste twee wedstryddae begin om 10:00.
Zimbabwe (13de in die wêreld) verdedig 'n onoorwonne rekord teen Namibië (26ste).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie