Ystervuis teen stropers

Twee doodgeskiet, een gewond

30 December 2016 | Misdaad
Francoise Steynberg - Twee stropers is Woensdag in die Bwabwata Nasionale Park doodgeskiet en een gewond.

Dié bevestiging kom van die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, wat tans nasionale parke saam met teenstropery-eenhede patrolleer. Die ministerie se nuwe Airbus-helikopter H125 word ook ingespan.

"Woensdag tussen 11:00 en 12:00 is twee stropers doodgeskiet. Twee is in hegtenis geneem, van wie een ernstig gewond is," het Shifeta gister gesê.

"Die stropers het op ons magte begin skiet en dié het gereageer en teruggevuur. Toe 'n vlugtende stroper genader is en homself teen inhegtenisneming verset het, het 'n skietery weer ontstaan en hy is ernstig gewond."

Shifeta sê beslag is op gevaarlike wapens soos AK47's asook ammunisie gelê.

"Hierdie mense is gereed vir 'n geveg om te kry wat hulle wil hê. Ons eenhede is meer as gereed om hulle sonder enige genade te hanteer."

Die minister sê die teenstropery-eenhede is goed opgelei en beskik oor spesiale vaardighede. Volgens hom is 'n spesiale eenheid van die Namibiese weermag in Bwabwata ontplooi en dieselfde sal in die Etosha Nasionale Park gedoen word.

Shifeta sê hy was nog geensins met vakansie nie en hy besoek die teenstropery-eenhede in Namibiese nasionale parke om opdragte uit te reik.

Verlede week is nóg 'n stroper in die Bwabwata Nasionale Park deur een van die eenhede doodgeskiet nadat hy op hulle geskiet het.

Shifeta sê vanaf 15 Desember bestaan nuwe maatreëls kragtens die strafproseswet vir selfverdediging sodat wetstoepassers hulself teen stropers kan verdedig.

"Stropers en hul hanteerders gaan sonder enige genade hanteer word. 'n Stroper wat probeer om op wetstoepassers te skiet wat ons wildbronne beskerm, sal dit berou."

Die minister sê hy het drie weke gelede stropers, hul hanteerders en onwettige handelaars in wildprodukte gewaarsku dat sy modus operandi volgens die nuwe maatreëls nie langer dieselfde gaan wees nie.

"Om stropers dood te maak, is nie wat die owerheid wens nie, maar as ons wetstoepassers se lewens bedreig word, is die instruksie duidelik," het Shifeta gewaarsku. "Ons moet stropery in Namibië met wortel en tak uitroei!"

Die Bwabwata Nasionale Park is die slagveld van olifante wat om hul ivoor uitgeroei word.

Verlede week het stropers op 'n plaas buite Gobabis toegeslaan waar twee witrenosters gestroop en twee gekwes is.

Volgens die eienaar, mnr. Walter Kinnear van Walmaine Boerdery, is sy groot teelbul en 'n volwasse, dragtige koei (albei sowat tien jaar oud) geskiet en 'n jong bul en vers wat moontlik ook dragtig was, is swaar gewond.

"Die koei wat besig was om te kalf, is vyf keer geskiet. Omdat die renosters baie mak is, is hulle op kort afstand geskiet en die wonde is naby mekaar."

Die agtjarige vers wat gekwes is, is swaar gewond en volgens Kinnear is haar kanse om te oorleef 50:50. Die jong bul wat gekwes is, het slegs baie vleiswonde opgedoen. Albei gekweste renosters lewe nog, het sy vrou bevestig.

Niemand is tot dusver oor die voorval in hegtenis geneem nie.

Soortgelyk

 

Bejaarde erg getraumati­seer

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht'n Bejaarde inwoner van Windhoek wat van 'n rolstoel gebruik maak, het vandeesweek vir ure in haar ontlasting in 'n hospitaalgang vir 'n prosedure...

Rooies Mostert in eiendomsgeskil

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Mnr. Walter (Rooies) Mostert, ’n oudlanddros, staar strafregtelike klagte in die gesig weens ’n eiendomstransaksie wat skeefgeloop het.Luidens dokumente in Republikein se...

Weer vir 19 April

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die //Kharasstreek, maar baie warm in die Noorde. Elders sal dit mooiweer en baie warm wees. KUS:...

Inbrekers steel derduisende by SKW

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Teen gistermiddag was daar nog geen sent teruggevind van die N$220 000 kontant wat die naweek by die Sport Klub Windhoek (SKW)...

Piramideskema: Trio skuldig op 512 klagte

15 ure gelede | Howe

Ronelle RademeyerDie bedrog-trio van Oranjemund wat van 2004 tot 2006 'n piramideskema bedryf het waarin beleggers sowat N$11,5 miljoen verloor het, se doppie is geklink.Regter...

Oranjemund maak spiere vir toerisme

15 ure gelede | Gebeure

Môre (Vrydag) bied Namibië se nuutste dorp, Oranjemund, ‘n toerismemark aan.Die geleentheid vier ook die dorp se nominering as ‘n finalis in Namibia Media Holdings...

Skole, koshuise in 'toestand van verval'

15 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSowat 85% van openbare onderwysgeriewe in Namibië is in 'n toestand van verval, terwyl die ontwikkeling en rehabilitasie daarvan teen 'n slakkepas beweeg. Die...

PDM lê Sona-eier

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike ­opposisie, beweer president Hage Geingob en sy binnekring woon in 'n ander land as die...

Spensdeure klap oop oor kaas en kontreikos

15 ure gelede | Gebeure

Des Erasmus - Die bystand van deskundiges uit Suid-Afrika is ingeroep in die eerste stappe wat gedoen word om Namibië se kaasmakersbedryf te standaardiseer en...