Wyle John McNab onthou

Hulde stroom in vir Basterkaptein

06 October 2020 | Regering
Denver Kisting – Die Rehoboth Bastergemeente het gister by monde van sy voorlopige kaptein, mnr. Barney Buys, gesê die dood van wyle kaptein John McNab is ’n reuseverlies vir die Rehoboth-gemeenskap.

McNab is Saterdag omstreeks 23:55 oorlede, het sy oudste seun, mnr. Malcolm McNab, gister by navraag gesê.

Hy was 82 jaar oud ten tyde van sy dood.

Volgens Buys is McNab senior oorlede “met sy naaste familie langs sy bed”.

Die voorlopige kaptein sê hulle het met hartseer van McNab se dood verneem. “Namens die ganse Rehoboth-gemeenskap, en die Bastergemeente spesifiek, dra die kapteinsraad sy medelye oor aan tannie Thekla (weduwee), die kinders, kleinkinders en uitgebreide familie gedurende hierdie moeilike tyd.”

‘BUITENGEWONE LEWE’

Buys sê voorts: “Die Bastergemeenskap rou saam met julle en vier die buitengewone lewe van hierdie merkwaardige man wat sy lewe gewy het om wat kaptein McNab ‘ons gemeenskaplike tuiste en toekoms’ genoem het, vreedsaam te beskerm.”

Volgens hom was wyle McNab “’n skatkis van wysheid, ’n onderwyser, ’n opvoeder, ’n navorser en ’n pa. Die Bastergemeenskap het inderdaad ’n magtige stem en ’n visionêr verloor.”

Die voorlopige kaptein sê McNab het hom daartoe verbind om die lewens van die Rehoboth-gemeenskap op voetsoolvlak te verbeter. “Kaptein McNab het die diep verband tussen plaaslike en globale probleme verstaan, en hy het gehelp om aan gewone mense ’n stem te gee.

“Die kapteinsraad is bevoorreg om wonderlike herinneringe van kaptein McNab te hê. Sy heengaan laat inderdaad ’n gapende leemte in ons gemeenskap, maar hy laat ’n stewige fondasie na waarop ander kan bou.”

Die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, sê wyle McNab “was ’n gebore leier wat met uiterste passie en toewyding gedien het”.

Hy sê McNab het nie doekies omgedraai nie.

Venaani het voorts sy misnoeë te kenne gegee dat McNab nooit die erkenning gekry het wat hom toegekom het nie. “Dit is verskriklik dat hierdie groot leier nie die nasionale erkenning gekry het vir sy patriotiese werk nie, terwyl hy ’n sleutelkiesdistrik van inheemse Namibiërs gelei het.”

OPVOLGPLAN

Volgens Buys is wyle McNab onder tradisionele reg tot kaptein verkies en dít sal eweneens bepaal hoe hy opgevolg sal word. “Die kapteinsraad versoek die gemeenskap om dit te respekteer en waaksaam teen misleidende stemme te wees.”

Buys het ’n beroep gedoen op die gemeenskap om die privaatheid van die gesin “en die nalatenskap van kaptein McNab” te eerbiedig.

Naas sy vrou, word McNab oorleef deur drie seuns en een dogter.

’n Gedenkdiens sal môre om 19:00 in die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk (RELK) plaasvind, terwyl ’n waakdiens vir Vrydagaand by McNab se huis beplan word.

Die begrafnis vind eerskomende Saterdag om 09:00 uit die RELK plaas. - [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

9 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

9 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

9 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...