Wêreldreisgers op fietstoer deur Afrika

Sketse van elke reis

19 September 2019 | Toerisme
Francoise Steynberg - Twee internasionale wêreldreisigers se Afrikafietstoer skop in Namibië af.

Die Indonesiër me. Anisa Subekti (31) en haar 40-jarige man, mnr. Luís Simões, van Portugal, gaan van Namibië af deur Afrika na Europa op hul World Sketching Tour fietsry.

Luís, ’n gesoute wêreldreisende kunstenaar wat van elke land wat hy besoek ’n sketsboek maak, wil graag ander kunstenaars ontmoet. Hy dokumenteer sy wêreldreise met waterverfsketse en gee kunsklasse aanlyn.

Die paartjie het op 9 September in Namibië aangekom, die hoofstad verken en het gister na Sossusvlei vertrek. Republikein het verlede week met hulle by die Indonesiese ambassade in Windhoek gesels.

Van Namibië af gaan hulle die speke laat sing na die Demokratiese Republiek die Kongo, Kongo, Gaboen, Kameroen, Nigerië, Benin, Togo, Ghana, Ivoorkus, Liberië, Guinee, Guinee-Bissau, Senegal, Mauritanië en Marokko. Dan vertrek hulle na Spanje en Portugal.

Voor Luís vir Anisa op die Indonesiese eiland Bali ontmoet het, waar sy vir vier jaar in ’n luukse hotel se gimnasium as joga-instrukteur gewerk het, was sy doelwit om vyf vastelande in vyf jaar te besoek.

Hy het toe al Europa en Asië met ’n fiets platgetrap.

Die twee het ’n mooi, romantiese liefdesverhaal van hoe hulle ’n week voor hy uit Bali na Australië moes vertrek, ontmoet het.

Hulle vir jare kontak behou, kon mekaar nie vergeet nie en uiteindelik het Luís weer vir Anisa in Bali gaan kuier.

Hy het haar in 2016 Portugal toe gevat om aan sy familie voor te stel, en die koeël was deur die kerk.

Voor hul reis na Afrika het hulle twee Suid-Amerika saam per fiets deurkruis. Hulle beplan om sowat ’n jaar en ’n half lank tot aan die noordelike punt van Afrika te reis.

TRAP-TRAP

Hulle reis met net hul fietse en dié se broodnodige onderdele, asook kampeertoerusting soos ’n tent, matrasse, stofie en ’n waterfilter.

“As die pad plat is, ry ons sowat 70 km per dag en as dit in berggebiede is, sowat 50 km per dag.”

Wat kos betref, eet hulle pasta, tuna, risotto, koeskoes, eiers, droëvrugte en neute om energie vir die langpad op te bou. Hulle was nuuskierig om biltong te proe.

Die twee meen hul uitdagings in Afrika is die hitte, veral die humiditeit, en muskiete.

“Oorlewing laat jou maniere vind om innoverend te wees,” sê Luís. Een van hul reiswenke is om ’n bottel water in ’n nat sokkie te sit om dit koel te hou.

Oor veiligheid sê Luís hy het met sy wêreldreise geleer om nie elke Jan Rap en sy maat te vertrou nie.

“Ons probeer in mense se harte klim en só hul vertroue te wen, maar moenie papajas gee nie,” sê hy, menende moenie roekeloos wees en jou kosbare besittings soos jou beursie en selfoon ten toon stel nie.

Baklei hulle ooit? “Ons is albei baie hardkoppig. Luís ontplof vinnig en ek hou terug en ontplof later,” sê Anisa.

“Ons moet ons probleme oplos en het mekaar nodig wanneer die reënboog weer kom,” sê Luís.

Namibiërs kan hul vriendelikheid en gasvryheid betoon as hulle dié oulike paartjie langs die pad met hul fietse raakloop.

Besoek gerus Luís se Facebook-blad, World Sketching Tour, of sy Instagram-blad.

[email protected]

Soortgelyk

 

Vol ambulans bots teen bees

2 ure gelede | Ongelukke

Drie staatspasiënte is vanoggend lig beseer toe ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ‘n bees op die hoofpad tussen Otavi en...

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

13 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Media 'mishandel' Hage

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

13 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

13 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...

‘Jagter’ se prokureur onttrek

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die sogenaamde jagter wat daarvan beskuldig word dat sy ’n Britse joernalis tydens ’n jag- en visvangsafari ingeloop het, se regsverteenwoordiger het...

Tragedie tref toergroep

13 ure gelede | Ongelukke

Iréne-Mari van der Walt op Swakopmund - Altesaam 34 Duitse toeriste se Namibiese reis is kortgeknip ná hul “Rotel”-bus aan die brand geslaan het.Die bus...