Wêreldatletiek vereer bestes

Atletiek
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Wêreldatletiek (WA) het Woensdagaand virtueel sy senior mans- en vroue-atleet asook opkomende o.20-mans- en vrouester vir 2021 aangewys.

Slegs die WA-president, Sebastian Coe, Elaine Thompson-Herah, Karsten Warholm en twee vroulike-aanbieders was in die ateljee teenwoordig.

Thompson-Herah (100-, 200 meter, 4x100 m-aflos) van Jamaika en Warholm (400 m-hekkies) van Noorweë is onderskeidelik WA se uitgelese senior vroue- en mansatleet vir die afgelope jaar.

Thompson-Herah het vier topatlete uitgestof. Sifan Hassan (1 500 m, 10 000 m) van Nederland, Faith Kipyegon (1500 m) van Kenia, Sydney McLaughlin (400 m-h, 4x400 m-aflos) van die VSA, Yulimar Rojas (driesprong) van Venezuela moes die knie buig.

Thompson-Herah is die Olimpiese 100-, 200- en 4x400-afloskampioen en sy het die 100-Diamantligafinaal gewen.

Warholm het Joshua Cheptegei (5 000, 10 000) van Uganda, Ryan Crouser (gewigstoot) van die VSA, Mondo Duplantis (paalspring) van Swede en Eliud Kipchoge (marathon) van Kenia vir sy eerbetoon geklop.

Die Noorweër is die Olimpiese- asook Diamantligafinaal se 400 m-hekkieskampioen. Hy het vanjaar twee keer die wêreldrekord gebreek. Die laaste keer was sy eie wêreld- en die Olimpiese rekord in Tokio.

Athing Mu (800 m, 4x400 m-aflos) van die VSA is WA se opkomende o.20-vrouester. Haar prestasies het die van Keely Hodgkinson (800 m) van Brittanje, Silja Kosonen (hamergooi) van Finland, Christine Mboma (200 m) van Namibië en Zerfe Wondemagegn (3 000 m-hindernis) van Ethiopië oorskadu.

Mu het goud by die Spele in die 800 m en 4x400 -m-aflos opgeraap en die 0.20-binnenshuise 800-wêreldrekord verbeter.

Erriyon Knighton (200 m) van die VSA is die opkomende o.20-mansatleet. Sean Burrell (400 m-h) van die VSA, Emmanuel Wanyonyi (800 m) van Kenia, Tadese Worku (3 000 m, 5 000 m, 10 000 m) van Ethiopië en Sasha Zhoya (110 m-h) van Frankryk kon hom nie uitskakel nie.

Hy het in 2021 die o.20-wêreldrekord verbeter.

MBOMA KRY ERKENNING

Haar o.20-wêrelrekord van 21,81 sekondes in die 200 m-finaal wat sy op 3 Augustus in Tokio by die Olimpiese Spele vir ’n silwermedalje behaal het, is amptelik deur die WA herken. Weens die afwesigheid van toetse vir verbode middels sal die 21,97 wat sy in die Olimpiese semifinaal aangeteken het, nie in aanmerking kom nie.

Sy het egter op 9 September 21,78 by die Diamantligabyeenkoms in Zürich aangeteken.

WA het Woensdag aangekondig dat die 2024 Wêreldbinnenshuise Kampioenskap in Glasgow, Skotland, aangebied gaan word. Lima, Peru, is vir die o.20-Wêreldkampioenskap in 2024 bestem. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!