Wêreld se grootste motormark brand vas

11 January 2019 | Sakenuus
Motorverkope in China het in 2018 vir die eerste keer in meer as 20 jaar gedaal.

Motorvervaardigers plaas nou al geruime tyd hul hoop op China, die wêreld se grootste mark vir motorverkope.

Verkope het met 6% tot 22,7 miljoen voertuie geval, volgens China se vereniging vir passasiersmotors.

Kopers word glo afgeskrik deur die handelsoorlog met die VSA en ’n daling in Chinese aandeelpryse.

Al hoe meer Chinese verbruikers verkies ook om taxidienste soos Didi Chuxing te gebruik.

Die regering oorweeg stimulusmaatreëls om verkope ’n hupstoot te gee.

Vervaardigers het die afgelope dekades miljarde dollar aan fabrieke in China bestee.

Motorverkope wêreldwyd brand vas. Volgens RBC Capital is die hele bedryf dalk reeds in ’n resessie.

Goldman Sachs voorspel dat motorverkope in China ook sal val, met 7%, en daarna in 2020 met 3% sal styg.

Die vereniging vir passasiersmotors verwag wel dat verkope in 2019 met 1,2% gaan styg, maar nog ’n bedryfsorganisasie, die vereniging van motorvervaardigers, verwag dat verkope onveranderd gaan bly.

FORD

Vervaardigers moet nou besluit of hulle voortgaan met uitbreiding in China.

Ford het beplan om meer as 50 nuwe modelle teen 2025 bekend te stel en vervaardiging in China te verhoog. Vyf nuwe modelle word vanjaar in China vervaardig.

Volkswagen, die gewildste buitelandse handelsnaam in China, wil vanjaar omtrent €4 miljard in die land belê.

General Motors het in ’n e-pos gesê hy gaan voort met beleggings in China en Ford sê hy skeduleer produksie volgens die vraag en bestuur sy voorraad fyn.

Suzuki het China in 2018 verlaat nadat sy motors swak verkoop het. Jaguar Land Rover moes ’n fabriek tydelik sluit.

Volgens die Wêreldbank gaan China se ekonomie vanjaar met 6,2% groei, vergeleke met die verwagte 6,6% in 2018.

ELEKTRIESE MOTORS

Verkope van elektriese motors in 2018 was vir die eerste keer meer as ’n miljoen.

Dis nog net ’n fraksie van die totale motorverkope, maar groei vinnig en gaan dalk in 2019 1,6 miljoen haal, volgens die vereniging vir motorvervaardigers.

Tesla het onlangs die eerste sooi gespit vir sy Chinese fabriek. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Soortgelyk

 

Boere, NDF glo slaags oor weiding

12th of July 00:00 | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die bevelvoerder van die polisie in die Erongostreek het gister die spanning oor weiding wat breekpunt bereik het tussen boere van die...

WEN ‘N RUGBYREIS VAN N$100 000

12th of July 00:00 | Gebeure

Vir die volgende 50 dae kan lesers op 365 verskillende maniere in aanmerking kom om ‘n reis ter waarde van N$100 000 na die Wêreldbeker-rugbytoernooi...

Voormalige landdros skuldig aan bedrog

12th of July 00:00 | Howe

‘n Voormalige landdros op Oshakati is gister in die hoërhof in Windhoek op verskeie klagte van bedrog en korrupsie skuldig bevind. Regter Gervasius Nate Ndauendapo...

Nafau-lid van korrupsie aangekla

12th of July 00:00 | Arbeid

‘n Lid van die Namibiese Vakbond vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau), mnr. Sakeus Taapopi Shikongo (31), is die afgelope Dinsdag deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC)...

Weer vir 12 Julie 2019

12th of July 00:00 | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm, maar baie warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle aanvanklik.GETYE BY WALVISBAAI: L 06:18 ...

Paspoorte hopelik in September hier

12th of July 00:00 | Ministeries

Henriette Lamprecht – Nuwe voorraad van groen paspoortboekies word begin September in Namibië verwag. Dié versekering is deur die uitvoerende direkteur van binnelandse sake en...

St. George's vier 100 jaar

12th of July 00:00 | In beeld

As deel van die St. George’s Diocesan-skool in Windhoek se eeufeesvieringe is ’n koekversierkompetisie Dinsdag by die skool gehou. Bakpro het die koek en versiersel...

Kommersiële oes van rooshout nie volhoubaar

12th of July 00:00 | Ministeries

Ogone Tlhage - Die kommersiële oes van rooshout en ander swaarder tipes hout is nie volhoubaar nie en moenie toegelaat word nie.Só het die uitvoerende...

Tienertoneel op WAP se planke

12th of July 00:00 | Kuns en vermaak

Die naweek vind Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) se jaarlikse Vivatum plaas, waartydens die skool se akteurs hul slag in twee toneelstukke op die verhoog gaan...