Woord van
krenterig b.nw., krenteriger, krenterigste.
1 Oordrewe spaarsaam; kleinlik suinig; vrekkerig: Haar mense is party van hulle so krenterig dat hulle 'n oulap dra tot hy 'n gat in hulle sak slyt (A.M. Louw: Smit, 1962, 192). 'n Krenterige troupresentjie (Huisgenoot, 30 Apr. 1965, 59).
2 Oormatig kleinlik, bekrompe en kleingeestig en wat buitensporige waarde heg aan kleinlike besonderhede, dikw. gepaardgaande met vitterigheid: Krenterige kritikasters het weer eens bewys dat dit makliker is om kritiek te lewer as om korrek te wees (A. Huguenet: Applous, 1950, 167). Die restaurante ... sal die krenterigste toeris tevrede stel (Panorama, Jan. 1963, 19).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie